B in Musiek (BMus)

   Oor die program

Hierdie vierjarige program bied jou akademiese en uitvoerende musiekopleiding. Praktiese onderrig word aangebied in klavier en alle moderne orkesinstrumente, asook sang, orrel, blokfluit, klavesimbel, kitaar en koordirigering. Daar is ruim geleentheid vir groepmusiek-beoefening, bv. die US Simfonieorkes, die Collegium Musicum, die Stellenbosch Simfoniese Blasers, Konsubrass, kore en talle kleiner ensembles.

   Programinhoud

Die program bied verskillende spesialisasiemoontlikhede:

  • Komposisie
  • Musiekopvoeding
  • Musiektegnologie
  • Musiekwetenskap
  • Uitvoerende Kuns

Die onderskeie spesialiseringsrigtings berei jou voor op 'n verskeidenheid beroepe soos musiekopvoedkundige (dosent of onderwyser), uitvoerende kunstenaar (solis, orkesspeler, sanger, koordirigent of begeleier), musiekregisseur, musiekwetenskaplike, komponis, musiektegnoloog, musiekjoernalis en musiekverwerker.

In die eerste twee jaar neem almal dieselfde basisvakke (behalwe vir die praktiese hoofvak wat jy kies), maar vanaf jou derde jaar kan jy deur keusemodules een van die vyf spesialisasie-opsies volg (elk met 'n spesifieke fokus op 'n wesenlike aspek van musiek). Raadpleeg gerus ons Jaarboek, bladsy 42, vir die leerplanne van die onderskeie spesialisasies.

As jy meer akademiese ondersteuning nodig het, kan jy na gelang van jou geïdentifiseerde behoeftes, onder andere, bykomende modules soos Musiekvaardighede en Praktiese Musiekstudie: Voorbereidend neem, of jy kan selfs die Departement Musiek se Hoër Sertifikaat as 'n volledige voorbereidende jaar met die oog op 'n her-oudisie doen.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%
  • In die hoofinstrument (of sang) minstens 'n praktiese standaard in klassieke musiek gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige van die musiekeksamineringsliggame se Graad V-eksamen

Indien jy Wiskunde as universiteitsvak wil neem, dan ook:

  • Wiskunde 70%

   Keuring

  • Aansoeke sluit 3l Julie
  • Keuring word op grond van 'n oudisie en teoretiese toets by die Departement Musiek in die jaar voor studie gedoen, waartydens kandidate bewys van die bogenoemde standaarde in klassieke musiek moet lewer. Ons stuur inligting oor die oudisie en toets wanneer ons jou aansoek ontvang
  • Inligting beskikbaar by auditions@sun.ac.za