B in Maatskaplike Werk

   Oor die program

Hierdie vierjarige program rus jou toe met die nodige kennis, vaardighede en begrip om probleme wat in die wisselwerking tussen mense en hulle omgewing ontstaan, met 'n positiewe houding te benader en om die betrokkenes te bemagtig om hulle uitdagings selfstandig te hanteer. Die kwalifikasie lei tot 'n verskeidenheid beroepsmoontlikhede in staatsdepartemente op nasionale, provinsiale en plaaslike owerheidsvlakke, asook vrywillige welsynsorganisasies en nieregeringsorganisasies wat maatskaplike werkers in diens neem.

   Programinhoud

Eerste jaar: Inligtingsvaardighede, Maatskaplike Werk, Sielkunde en Sosiologie. Hierby kies jy een van die volgende vakke: Afrikaans en Nederlands, Afrikaanse Taalverwerwing, Basiese Xhosa, English Studies, Xhosa, Filosofie of Openbare en Ontwikkelingsbestuur.

Tweede jaar: Maatskaplike Werk, Sielkunde en óf Sosiologie óf Sosiale Antropologie.

Derde jaar: Maatskaplike Werk, Sielkunde en óf Sosiologie óf Sosiale Antropologie.

Vierde jaar: Maatskaplike Werk.

Kyk ons jaarboek vir nadere besonderhede oor die leerplan.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 63% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 50%