BA in Menslike Hulpbronbestuur

   Oor die program

Hierdie driejarige program berei jou voor op 'n loopbaan in die bestuur van menslike hulpbronne in organisasies, 'n vermoë waaraan daar tans 'n besondere behoefte in Suid-Afrika is. Jy sal leer om:

  • mense se gedrag, veral in beroepsverband, te verstaan;
  • mense se werks- en lewensomstandighede te verbeter;
  • die Suid-Afrikaanse werkomgewing te verstaan en loopbaangeleenthede te identifiseer;
  • duidelik en sinvol met mense te kommunikeer;
  • menslike hulpbronbeplanning, werwing en keuring professioneel te doen; en
  • arbeidsverhoudingsprobleme te hanteer.

   Programinhoud

Eerste jaar: Inligtingsvaardighede, Bedryfsielkunde, Sielkunde, Politieke Wetenskap en Sosiologie. Jy kies ook een van die volgende taalvakke: Afrikaans en Nederlands, Afrikaanse Taalverwerwing, Basiese Xhosa, English Studies (as jy ’n Afrikataal as huistaal of as ’n matriekvak het, kies jy tussen die Afrikaanse vakke en English Studies, anders neem jy Basiese Xhosa).

Tweede jaar: Bedryfsielkunde, Sielkunde, plus voortgesette studie in twee van die volgende vakke: Politieke Wetenskap, Sosiologie, Sosiale Antropologie.

Derde jaar: Bedryfsielkunde, plus voortgesette studie in twee van die volgende vakke: Sielkunde, Politieke Wetenskap, Sosiologie, Sosiale Antropologie.

Vir meer inligting, kyk ons jaarboek.

Let wel:

As BA-student, veronderstel jy word vir nagraadse studie in die Departement Bedryfsielkunde geselekteer. In daardie geval kan jy na Honneurs BCom (Menslike Hulpbronbestuur) of Honneurs BCom (Bedryfsielkunde) migreer. 

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 63% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%
  • Wiskunde 50% of Wiskundige Gletterdheid 70% 