BA in Internasionale Studie

   Oor die program

In die bestek van drie jaar ontwikkel jy 'n omvattende begrip vir die kompleksiteit van politieke, kulturele en ekonomiese interaksie oor nasionale grense. Só raak jy sensitief vir die rol wat identiteitsvraagstukke in die wêreld speel en word jy voorberei om 'n ingeligte en kritiese wêreldburger te wees.

Hierdie opleiding skep vir jou verskeie moontlike werkgeleenthede soos die diplomatieke diens; die internasionale kantore van die Departemente van Arbeid, Handel en Nywerheid, en Verdediging; die Internasionale Afdeling van die Parlement; die Nasionale Intelligensieagentskap; die toerismebedryf; internasionale telekommunikasie; internasionale joernalistiek; internasionale navorsingsinstansies; openbare skakelwerk; regionale en landwye instansies wat handel en investering bevorder (bv. WESGRO); die hoofkantore en streekkantore van internasionale organisasies soos die VN, AU en die Wêreldhandelsorganisasie, Amnesty International, die World Economic Forum; internasionale hulporganisasies soos Save the Children en OXFAM; multinasionale ondernemings; en die uitvoer- en invoerbedryf.

Dié graad is 'n voorvereiste vir nagraadse programme in Politieke Wetenskap en Internasionale Studie aangesien sommige van hierdie instellings ook nagraadse kwalifikasies verkies.

   Programinhoud

Eerste jaar: Sosio-Informatika; English Studies; Frans of Duits of Chinees; Geskiedenis; Politieke Wetenskap; en Inligtingvaardighede.

Tweede jaar: Sosio-Informatika; Ekonomie; Frans of Duits of Chinees; Geskiedenis; Sosiale Antropologie of Sosiologie; en Politieke Wetenskap.

Derde jaar: Geskiedenis en Politieke Wetenskap, en kies genoeg modules om 24 krediete op te maak uit Sosiale Antropologie, Filosofie, Sosiologie en Frans, Duits of Chinees.

Vir meer inligting, kyk ons jaarboekinskrywing.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 63% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Engels Huistaal 50% of Engels Eerste Addisionele Taal 60%