BA in Regsgeleerdheid

   Oor die program

Die BA (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as prokureur of advokaat te praktiseer nie - dáárvoor moet jy ook die LLB-graad verwerf. Die driejarige BA (Regsgeleerdheid) bied egter 'n tweeledige voordeel. Dit verryk jou insig in menslike gedrag en sosiale kwessies en dit bied ook 'n uitstekende basis vir 'n meer gevorderde studie in die regte. Juis daarom ontvang jy met 'n BA (Regsgeleerdheid) vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy 'n regspraktisyn wil word, kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as student 'n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

   Programinhoud

Die BA (Regsgeleerdheid)-program is so saamgestel dat jy in al drie studiejare regsmodules neem.

Eerste jaar: Inheemse Reg, Inleiding tot die Reg, Privaatreg en Skryfvaardighede. Buiten hierdie verpligte regsmodules kies jy 'n aantal nieregsmodules - minstens een daarvan 'n taal en twee uit, onder andere, Ekonomie, Filosofie, Klassieke Regskultuur, Politieke Wetenskap, Sielkunde of nog 'n taal. Jy neem ook Inligtingsvaardighede.

Tweede jaar: Privaatreg, Romeinse Reg en Strafreg. Jy sit twee van jou nieregsmodules voort.

Derde jaar: Staatsreg, Uitleg van Wetstekste, Strafprosesreg, Siviele Prosesreg en een en 'n halwe nieregsmodule.

Kyk ons jaarboekinskrywing vir nadere besonderhede.

   Toelatingsvereistes

  • Skryf die Nasionale Normtoetse AQL teen 30 Junie
  • 'n NSS- of IEB-skooleindsertifikaatgemiddelde van minstens 70% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels Huistaal 60%
  • Eerste Addisionele Taal 40%

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook:

  • Wiskunde 60%

Indien jy 'n vak uit 'n ander fakulteit neem, maak net seker dat jy aan al sy vereistes voldoen.

   Keuring

  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • 'n Beperkte aantal kandidate word gekeur
  • Kyk ook algemene toelatingsinligting onder die Fakulteit Regsgeleerdheid