BA in Visuele Kunste

   Oor die program

Hierdie vierjarige program bied dinamiese kreatiewe opleiding. 'n Verskeidenheid vakkeuses binne die breë raamwerk van die visuele kunste vorm deel van die programaanbod, soos byvoorbeeld teken, grafiese ontwerp, illustrasie, skilder, beeldhou, fotografie, drukkuns, nuwe media (digitale beeldvorming en multimedia), juwelierswareontwerp en metaaltegniek.

Afhangende van jou vakkeuse, berei die program jou voor vir beroepe soos skone kunstenaar, grafiese ontwerper, boekontwerper, illustreerder, juweliersware-ontwerper, kunskritikus of kunsakademikus. Ander verwante beroepe is kurator, museumbeampte, galerybestuurder, kunshandelaar, kunsbestuurder op verskillende terreine (bv. kunsgalerye, publieke en korporatiewe versamelings, en streek- en nasionale kunsrade), kunsentrepreneur en tegniese kunsproduksiewerker.

Die program rus jou ook toe met vaardighede wat betrekking het op filmproduksie, kunsdireksie, fotografie, multimedia, die vervaardiging van juweliersware en kliëntrekeningbestuur in die advertensiewese.

   Programinhoud

In die eerste studiejaar se eerste semester neem alle studente Geïntegreerde Kuns en Ontwerp, wat onderrig in vaardighede verskaf wat die onderskeie spesialiseringsvelde in gemeen het. Spesialisering begin vanaf die tweede semester en jy kies een van die volgende drie spesialiseringsbane:

  • Juwelierswareontwerp
  • Skone Kunste
  • Visuele Kommunikasie-ontwerp

Visuele studies, 'n opwindende vierjarige vak met 'n sterk fokus op eietydse visuele kultuur, is ook ingesluit. Vir meer inligting oor die bane, besoek die Departement Visuele Kunste se webblad.

Raadpleeg ook die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se jaarboek vir nadere besonderhede oor die leerplanne van die onderskeie bane.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%

   Keuring

  • Plek vir 60 studente
  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Keuring op grond van 'n voorgeskrewe portefeulje
  • Lewer jou portefeulje in teen 1 September