Diploma in Praktiese Musiek

   Oor die program

Hierdie driejarige program bied jou gespesialiseerde uitvoerende musiekopleiding met 'n akademiese onderbou wat jou toerus om jou hoofinstrument te onderrig. Praktiese onderrig word aangebied in klavier en alle moderne orkesinstrumente, asook in sang, orrel, blokfluit, klavesimbel, kitaar en koordirigering. Daar is ruim geleentheid vir groepmusiek-beoefening, bv. die US Simfonieorkes, die Collegium Musicum, die Stellenbosch Simfoniese Blasers, Konsubrass, kore en talle kleiner ensembles.

   Programinhoud

Kyk ons jaarboekinskrywing vir die leerplan.

   Toelatingsvereistes

  • 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
  • In die NSS minstens 40% in elk van vier skoolvakke (uitgesonderd Lewensoriëntering)
  • In die hoofinstrument (of sang) minstens 'n praktiese standaard in klassieke musiek gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige van die musiekeksamineringsliggame se Graad III/IV-eksamen

   Keuring

  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Keuring op grond van 'n oudisie en teoretiese toets by die Departement Musiek in die jaar voor studie, waartydens kandidate bewys van die bogenoemde standaarde in klassieke musiek moet lewer. Ons stuur vir jou inligting oor die oudisie en toets wanneer ons jou aansoek ontvang
  • Nadere inligting beskikbaar by auditions@sun.ac.za