BEd (Grondslagfaseonderrig)

Die BEd (Grondslagfase) lei hoofsaaklik onderwysers vir die Grondslagfase (graad R tot 3) op en stel hulle in staat om leerders vir die eiesoortige eise van ons tyd voor te berei. Maar jy ontwikkel ook vaardighede wat verskeie ander beroepsmoontlikhede vir jou kan ontsluit, soos kommunikasiekundige, gemeenskapsontwikkelaar, skakelbeampte en beroepe wat op kliëntediens, bemarking en verkope gerig is.

Jy kan verder studeer in Grondslagfase-onderrig (HonsBEd (Grondslagfase-onderrig)). Daarna kan jy spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedingsbeleid (MEd).

Of met nagraadse opleiding kan jy 'n leerondersteuningsonderwyser (HonsBEd en MEd in Opvoedkundige Ondersteuning) of 'n opvoedkundige sielkundige (MEd (Psig)) word. Jy kan selfs spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur, of opvoedkundige beleid.

   Programinhoud

Praktiese Leer maak vanaf die eerste jaar 'n belangrike deel van hierdie vierjarige program uit. Alle studente moet twee tale neem (gekies vanuit Afrikaans, Engels of isiXhosa) op 'n eerste- of tweedetaalvlak, gedurende die verloop van hul vier jaar van studie. Jy neem ook 'n derde kommunikatiewe taal in jou derde studiejaar.

Die vakke vir die Grondslagfase is vas en dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme van graad R tot 3, insluitende:

  • Informasie Kommunikasie Tegnologie vir Leer (IKT)
  • Ontwikkeling en Leer
  • Lewensvaardighede
  • Aanspreek van Diverse Leerbehoeftes
  • Graad R Teorie en Praktyk
  • Taal- en Geletterdheidsonderwys
  • Wiskunde-onderwys (Grondslagfase)

Vir die leerplan van die BEd in Grondslagfase-onderrig, raadpleeg ons Jaarboek.

Aangesien die program tot 'n graad lei, gee dit jou toegang tot die Fakulteit se nagraadse programme tot op doktorale vlak.

   Keuring

  • Aansoeke sluit 31 Julie.
  • Daar is plek vir 125 Grondslagfase-studente
  • Vir meer inligting, kyk ons keuringsriglyne of die Fakulteit Opvoedkunde se Jaarboek

   Toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde van minstens 60% vir die NSS-, IEB- of 'n ekwivalente skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%

EN

Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:

  • Afrikaans Huistaal 60% EN
  • Engels OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

OF

Leerders wat in Engels skoolgegaan het:

  • Engels Huistaal 60% EN
  • Afrikaans OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

Leerders wat in isiXhosa skoolgegaan het:

  • IsiXhosa Huistaal 60% EN
  • Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

   Toelatingsvereistes vir aansoekers wat die ou Matrikulasiesertifikaat aanbied

Vir die toelatingsvereistes volgens die ou Matrikulasiesertifikaat (tot 2007), skakel ons Kliëntedienssentrum by 021 808 9111.