BEd (Intermediêrefaseonderrig)

Hierdie vierjarige BEd-program lei jou op om onderwys aan leerders in die Intermediêre Fase te gee in twee intermediêre skoolvakke en twee tale. Die program dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme van graad 4 tot 7.

Jy kan spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedingsbeleid deur op te volg met 'n HonsBEd en 'n MEd-program in een van die onderskeie rigtings. Of, met verdere nagraadse opleiding kan jy 'n leerondersteuningsonderwyser (HonsBEd en MEd in Opvoedkundige Ondersteuning) of 'n opvoedkundige sielkundige (MEd (Psig) in Opvoedkundige Sielkunde) word. Jy kan selfs spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedkundige beleid.

   Programinhoud

Die program se leerplan is vas en bestaan uit akademiese en professionele vakke. Praktiese Leer maak vanaf die eerste jaar 'n belangrike deel van die program uit. Alle studente neem twee tale as onderrigspesialisering vir Huis- of Addisionele Taal (gekies uit Afrikaans, Engels of isiXhosa) in die loop van hul vier jaar van studie. Hul neem ook 'n derde kommunikatiewe taal die derde studiejaar.

In die eerste studiejaar is Wiskunde-onderrig verpligtend vir alle BEd-studente. Jy neem dus Wiskunde (Ond) en twee ander spesialiseringsvakke uit die volgende:

  • Lewensvaardighede
  • Natuurwetenskappe (Ond)
  • Sosiale Wetenskappe (Ond)

Kyk die voorvereistes vir hierdie vakke verderaan.

In die tweede tot vierde studiejaar neem jy net twee spesialiseringsareas. Let wel: Om met Wiskunde as 'n spesialiseringsvak van die tweede jaar af voort te gaan, moet jy Wiskunde (Ond) 177 met 'n jaarpunt van ten minste 60% in jou eerste jaar deurkom.

Ander verpligte modules sluit in:

  • Informasie Kommunikasie Tegnologie vir Leer (IKT)
  • Taalonderrig en Akademiese Geletterdheid, Ontwikkeling en Leer
  • Aanspreek van diverse leerbehoeftes
  • Opvoedkundebeleid en -leierskap
  • Opvoedkundige Evaluering en Navorsing

Vir meer inligting oor die leerplan van dié program, kyk ons Jaarboek.

Aangesien die program tot 'n graad lei, gee dit jou toegang tot die Fakulteit se nagraadse programme tot op doktorale vlak.

   Voorvereistes vir jou gekose spesialiseringsareas

Aansoekers moet aan die volgende voorvereistes voldoen om vir hierdie modules te registreer:

Natuurwetenskappe

  • 'n Prestasie van minstens 50% vir Lewenswetenskappe OF Fisiese Wetenskappe in Graad 12 (Nasionale Senior Sertifikaat- of IEB-eksamen)

Sosiale Wetenskappe

  • 'n Prestasie van minstens 50% vir Geskiedenis OF Geografie in Graad 12 (Nasionale Senior Sertifikaat- of IEB-eksamen)

Lewensvaardighede

  • Geen voorvereistes is van toepassing nie (alle studente kan hierdie vak volg)

   Keuring

  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Daar is plek vir 125 Intermediêrefasestudente
  • Vir meer inligting, kyk die keuringsriglyne vir BEd (Intermediêrefase-onderwys)

   Toelatingsvereistes

  • ’n Gemiddelde van minstens 60% vir die NSS-, IEB- of 'n ekwivalente skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%

EN

Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:

  • Afrikaans Huistaal 60% EN
  • Engels OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

OF

Leerders wat in Engels skoolgegaan het:

  • Engels Huistaal 60% EN
  • Afrikaans OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

OF

Leerders wat in isiXhosa skoolgegaan het:

  • IsiXhosa Huistaal 60% EN
  • Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

Die BEd (Intermediêrefase-onderwys) het verdere toelatingsvereistes afhangende van die skoolvakke waarin jy wil skoolhou:

Indien jy Natuurwetenskappe (Ond) kies:

  • Lewenswetenskappe of Fisiese Wetenskappe 50%

Indien jy Sosiale Wetenskappe (Ond) kies:

  • Geskiedenis of Geografie 50%

   Toelatingsvereistes vir aansoekers wat die ou Matrikulasiesertifikaat aanbied

Vir die toelatingsvereistes volgens die ou Matrikulasiesertifikaat (tot 2007), skakel ons Kliëntedienssentrum by 021 808 9111.