BA (Regsgeleerdheid)

   Oor die program

Die BA (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as regspraktisyn te praktiseer nie - daarvoor moet jy ook die LLB-graad verwerf. Die driejarige BA (Regsgeleerdheid) bied egter 'n tweeledige voordeel. Dit verryk jou insig in menslike gedrag en sosiale kwessies en dit bied ook 'n uitstekende basis vir 'n meer gevorderde studie in die regte. Juis daarom ontvang jy met 'n BA (Regsgeleerdheid) vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy 'n regspraktisyn wil word, kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as student 'n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

   Programinhoud

Die program vir BA (Regsgeleerdheid) is 'n interfakultêre program. Dis so saamgestel dat jy in al drie studiejare regsmodules by die Fakulteit Regsgeleerdheid neem en nieregsmodules by die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Kyk die leerplan in ons Jaarboek.

Kyk algemene toelatingsinligting en keuring.

   Toelatingsvereistes

  • Skryf die Nasionale Normtoets AQL voor 31 Julie
  • 'n Gemiddelde van minstens 70% vir die NSS- of IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels Huistaal 60% OF
    Engels of Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70%

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook:

  • Wiskunde 60%

Indien jy 'n universiteitsvak uit 'n ander fakulteit wil neem, maak asseblief seker dat jy aan sy toelatingsvereistes voldoen.