BRekLLB

Die BRek LLB bied aan studente die kans om op 'n geïntegreerde manier binne vyf jaar die leerplanne van die LLB-program én die BRek-program te voltooi. Studente wat hierdie programme gelyktydig volg, word aan sowel die noodsaaklike vertakkings van die regswetenskap as aan die grondslae van finansiële rekeningkunde, bestuursrekeningkunde, belasting en ouditkunde bekendgestel. Na verdere beroepsgerigte opleiding kan hierdie studente dus kwalifiseer as geoktrooieerde rekenmeesters en/of as regspraktisyns.

Die BRek LLB is 'n interfakultêre program wat beteken dat jy modules by die Fakulteit Regsgeleerheid en by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe neem. Vir die BRek LLB-leerplan, kyk ons Jaarboek.

Kyk algemene toelatingsinligting

   Toelatingsvereistes

  • Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT voor 31 Julie
  • 'n Gemiddelde van minstens 80% vir die NSS- of IEB-skooleindsertifikaat (sonder Lewensoriëntering)
  • Wiskunde 70% OF
    Wiskunde 60% én Rekeningkunde 70%
  • Afrikaans of Engels Huistaal 60% OF
    Engels of Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70%