LLB (vierjarig)

   Oor die program

Hierdie program is daarop gemik om, oor vier jaar, aan studente 'n deeglike insig te gee in al die vertakkings van die regswetenskap wat vir 'n loopbaan in die regte en verskeie ander verwante beroepe noodsaaklik is. Voordat die regsberoep hulle egter formeel tot sy geledere as regspraktisyn sal toelaat, moet LLB-gegradueerdes ook die vereiste beroepsopleiding ondergaan en die toepaslike toelatingseksamen suksesvol aflê.

   Programinhoud

Eerste en tweede jaar: 'n Mens neem vier verpligte regsmodules en twee nieregsmodules waarvan ten minste een 'n taal moet wees. In jou eerste jaar neem jy ook verpligte jaarmodules in Skryfvaardighede en Inligtingsvaardighede. In die tweede jaar sit jy net een nieregsmodule voort.

Derde en vierde jaar: Die fokus is uitsluitlik op regstudie. In die tweede semester van die vierde jaar word jy toegelaat om vier regsmodules te kies, waarvan een 'n skripsie kan wees. Jou keuse is onder meer uit die volgende modules: Gevorderde Arbeidsreg, Arbitrasie en Bemiddeling, Mededingingsreg, Versekeringsreg, Gevorderde Familiereg, Internasionale Privaatreg, Immateriële Goederereg, Rekeningkunde vir Regstudente, Vervoerreg en Internetreg. Hierdie keuse laat jou toe om in beperkte mate te spesialiseer.

Neem kennis dat die LLB-leerplan tans hersien word. Vir nadere besonderhede oor die LLB-leerplan, kyk ons Jaarboekinskrywing.

Kyk algemene toelatingsinligting

   Toelatingsvereistes

  • Skryf die Nasionale Normtoets AQL voor 31 Julie
  • 'n Gemiddelde van minstens 70% vir die NSS- of die IEB-skooleindsertifikaat (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels Huistaal 60% OF
    Engels of Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70%

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak neem, dan ook:

  • Wiskunde 60%

Indien jy ’n universiteitsvak uit ’n ander fakulteit wil neem, maak seker dat jy aan sy minimum toelatingsvereistes voldoen.