BDiv (Baccalaureus Divinitatis)

   Oor die program

Die vierjarige BDiv-graad bied voorgraadse opleiding in kerklike bediening, spesifiek vir predikante.

   Hoekom hierdie program studeer?

  • Die opleiding en onderrig word wetenskaplik benader met 'n Christelike, gereformeerde teologie as uitgangspunt.
  • Buiten die teoretiese werk het die program 'n praktiese, gemeenskapsgerigte klem op maatskaplike vraagstukke soos MIV/vigs, armoede, geweld, menswaardigheid, ekologie en geregtigheid.
  • Die inhoud van die program sluit modules in uit die vakke Ou Testament, Nuwe Testament, Sistematiese Teologie, Ekklesiologie, Praktiese Teologie en Missiologie. Sommige kerke vereis studie van die twee grondtale van die Bybel, naamlik Hebreeus en Grieks, sowel as 'n Suid-Afrikaanse taal anders as die moedertaal. Kyk die leerplan in die Fakulteit Teologie se Jaarboek.
  • Die program word ook as 'n verlengdekurrikulumprogram aangebied vir studente wat akademiese steun nodig het. Die modules van die eerste jaar word oor twee jaar versprei en met akademiese steun-modules aangevul. Slegs 'n beperkte aantal plekke is beskikbaar.

   Die opleiding van predikante

Studente wat predikante in die NGK of VGK wil word, volg die BDiv op met die MDiv. NGK-kandidate verwerf ook die Nagraadse Diploma in Teologie (Christelike Bediening). Bedieningskandidate van die Anglikaanse Kerk, Presbiteriaanse Kerk, Volkskerk en Lutherse Kerk word deur hul denominasies verder opgelei nadat hul die BDiv verwerf het.

Hierdie programme fokus op die prakties-teologiese opleiding van bedienaars, leraars, predikante, Christelike leiers, dienswerkers, pastorale hulpverleners en pastorale terapeute vir die gemeentelike bediening. Dit bied professionele opleiding en ontwikkel bedienings- en kommunikasievaardighede. Die inhoud fokus op die volgende temas:

  • Bybelse Studies
  • Kerk-wees
  • Erediens en Prediking
  • Christelike Leierskap en Spiritualiteit
  • Die Kerk in die Samelewing
  • Pastorale Hulpverlening

Vir inligting oor ons nagraadse programme, kyk hier.

   Toelatingsvereistes

  • Vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) 'n gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

Studente met 'n NSS-gemiddelde van minstens 55%, maar laer as 60%, kan vir die verlengdekurrikulumprogram (VKP) in aanmerking kom na 'n onderhoud met die Dekaan of sy/haar verteenwoordiger. 

Aansoekers wat in 2008 of vroeër gematrikuleer het, kan die Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 skakel vir die relevante toelatingsvereistes.

Kyk ons Jaarboek vir nadere besonderhede oor toelating en voorgraadse-inskrywingsbestuur.