Navorsing by die Universiteit Stellenbosch
![]() |
| Waarnemence Viserektor Navorsing: Prof Doug Rawlings |
![]() |
Aangesien sukses binne hierdie kompleksiteite nie gewaarborg is nie, raak hoop in die navorsingskonteks die dryfkrag vir nuwe en relevante aksies. Hoop reflekteer `n houding van trotsering en kreatiwiteit deur `n toekoms te kan insien sonder enige vorm van menslike smaad.
Die HOOP projek van die Universiteit Stellenbosch behels `n groot investering in die volhoubare akademiese uitnemendheid van die Universiteit, en versterk ons verbintenis om `n wetenskaplike voetspoor in die gemeenskap te laat. As bouers van hoop in en van die Afrika kontinent, plaas ons steeds ons navorsingsekspertise in diens van menslike- en omgewingsbehoeftes. Soos wat ons waarneem hoe kennis ons samelewing vorm en verander, sal dit ons verder inspireer om die navorsingsiklus van ontdekking en aksie te dryf.
Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch word gedryf deur die idee van gelyktydige uitnemendheid en relevansie wat ingelig word deur diverse mense en idees – of dit is om Afrika se eie satelliete in die ruimte te sit vir die bevordering van voedselsekuriteit en stadsbeplanning, om `n bydrae te maak tot die ontwikkeling van feite-gebaseerde beleide rondom TB behandeling, die versekering van `n getransformeerde samelewing gebaseer op sosiale en ekonomiese regte, of die ontwikkeling van toepaslike tegnologie om water veilig te maak om te drink.
Die kernfunksies van die instelling – navorsing, onderrig en leer en gemeenskapsinteraksie – dra by om die Universiteit Stellenbosch `n effektiewe rolspeler en deelnemer in Suid Afrika se strategiese prioriteite te maak om armoede te bekamp; sosiale dienste te verbeter; volhoubare gemeenskappe te bou; die land se gesondheidsprofiel te verbeter, en om te groei in `n toenemende inklusiewe ekonomie tot voordeel van Suid Afrika en Afrika se burgers.
Binne die navorsingsomgewing het die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO), die Biblioteek- en Inligtingsdiens, sowel as die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) `n gedeelde verantwoordelikheid om by te dra tot die strategiese prioriteite wat hierbo genoem is. Terselfdertyd lê die verantwoordelikheid vir die diversifisering van die nagraadse navorsingsgemeenskap by die NGIK, terwyl die ANO hierdie rol op die vlak van voltydse navorsers vervul. Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het `n spesifieke rol ten opsigte van die ontwikkeling van inligtingsgeletterdheid oor alle navorsingsdissiplines heen. Die ANO ontwikkel en moniteer industriële vennote terwyl die NGIK fokus op internasionale akademiese vennootskappe. Die navorsingsinligtingsinfrastruktuur word voorsien deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens terwyl die ANO die verkryging en bestuur van navorsingshulpbronne en infrastruktuur koördineer.
Om meer uit te vind oor die funksies van die ondersteuningsdienste binne die navorsingsomgewing:
Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO)
Nagraadse en Internasionale Kantoor
Biblioteek en Inligtingsdiens


