Die bevordering van vrede en veiligheid

By die Universiteit Stellenbosch glo ons dat ons ware bouers van hoop op die Afrika-vasteland is, dat ons gereed is om nuwe paaie deur ons strategie van wetenskap vir die samelewing te baan en dat ons sommige van die wêreld se grootste uitdagings kan aanpak deur ons vaardighede en kundigheid tot die diens van die mensdom aan te wend. Ons glo dat ons hoop in aksie kan omvorm.

Om hierdie rede het die Universiteit homself geposisioneer as ’n bouer van hoop deur sy kernaktiwiteite te belyn met die vyf ontwikkelingstemas van die internasionale Millennium Ontwikkelingsdoelwitte.
block4.png

Besoek www.thehopeproject.co.za om meer oor Hope Project uit te vind.

Lees meer oor die interesante navorsing wat binne hierdie tema gedoen word (slegs in Engels):
HIV/Aids and the Armed Forces
War, popular memory and the literature of the Angolan Conflict