Navorsingskontrakte
Om kontraknavorsing by die Universiteit Stellenbosch te verrig, moet die navorser voldoen aan die goedgekeurde beleide en prosesse. In hierdie afdeling sal die navorser bekendgestel word aan die bestuur van navorsingsfondse, die goedkeuringsprosesse van kontrakte asook die bestuur van intellektuele eiendom.
As deel van die kontrakvoorbereidingsproses, moet ‘n verklaringsbrief geteken word deur die navorser, die departementele voorsitter/hoof asook die dekaan. Etiese klaring, waar van toepassing, moet toegestaan word voordat die kontrak geteken word. Sien die standaard kontrakte afdeling vir informasie oor kontraktipes en voorbeelde van elke tipe. Vir u gerief word informasie oor projekontwikkeling en projekbestuur ook beskikbaar gestel.
Allerlei informasie. Wanneer u ‘n kontrak voorberei vir kontraknavorsing, is dit belangrik om ingelig te wees oor die implikasies van versekering, indirekte koste, BTW en fakturering. Om u hiermee te help, voorsien ons u van ‘n opsomming wat aandui waar u meer informasie hieroor kan bekom.