Elektroniese navorsingsadministrasie

´n Elektroniese sisteem, die Research Administrator (RA) (Navorsingsadministrasie), word gebruik om die data vas te lê wat benodig word vir die jaarlikse opname van navorsingsuitsette.

 
RA is ´n web-gebaseerde databasis waartoe `n kontakpersoon binne elke departement/afdeling/sentrum/buro toegang het. Hierdie persoon word aangewys deur die departementele voorsitter/direkteur en is verantwoordelik vir rekordhouding van die navorsingsuitsette binne die betrokke department/afdeling/sentrum/buro.
 
´n Uitgebreide gebruikersgids is beskikbaar as ´n tutoriaal op die RA webwerf. ´n Verkorte weergawe van die gebruikersgids is beskibaar op versoek by Daléne Pieterse