Jou gids tot die wêreld van natuurwetenskappe
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is 'n leierkennisvennoot in die ontwikkeling van die wetenskaplike, tegnologiese en intellektuele kapasiteit van Afrika, sowel as Suid-Afrika, en speel 'n aktiewe rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika en sy mense.
Is natuurwetenskappe vir my?
Ek is ...
- Passievol oor natuurwetenskappe
- Nuuskierig oor die wêreld en als wat lewe
- Die een wat altyd vra “hoekom” en “hoe werk dit?”
Neem u eerste stap in die wêreld van die wetenskap
Met 'n BSc-graad het u u eerste stap in die fassinerende wêreld van wetenskap geneem. Afhangend van u vaardighede en belangstellings, kan u nou voortbou op hierdie eerste graad deur te spesialiseer in die veld waarin u belangstel, van 'n BSc-honneurs tot 'n MSc en selfs 'n PhD.
Of u kan u graad diversifiseer deur te registreer vir 'n nagraadse diploma in 'n verwante veld, soos besigheid, finansies, bemarking, joernalistiek, landbou, ingenieurswese of die regte. Met 'n nagraadse sertifikaat in die onderwys, (en afhangende van u vakkombinasie), kan u skoolvakke onderrig soos Geografie, Fisiese Wetenskap, Lewensoriëntering, Inligtingstegnologie, Wiskunde, Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe en Wiskundige Geletterdheid.
Onthou egter dat 'n BSc-graad u opleiding in die basiese wetenskappe bied. Daarom sal u die vermoë hê om krities te dink wanneer u probleme aanpak, gebaseer op 'n deeglike kennisbasis in die natuurwetenskappe. (Ingenieurswese en geneeskunde is voorbeelde van toegepaste wetenskappe)
’n BSc-graad sal
- Jou wetenskapskennis verbreed en verdiep
- Jou probleemoplossings-, beredenerings-, en wetenskapskomunikasievaardighede verbeter
- Jou toerus met ’n hoër onderwyskwalifikasie wat op die fundamentele wetenskappe berus en as wegspringplek vir jou professionele loopbaan sal dien
Dit is ’n uitdagende multidissiplinêre kursus wat fokus op die student se vlak van begrip, eerder as die blote inneem en memorisering van inligting.
— Voorgraadse BSc-student
’n BSc-graad sal deure oopmaak na geleenthede in die beroepswêreld, maar belangriker nog, dit is ’n manier van dink wat van deurslaggewende belang is om die mensdom vorentoe te neem.
— Voorgraadse BSc-student
Wat kan ek studeer?
Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied tien graadprogramme aan wat in die biologiese, fisiese en wiskundige wetenskappe gegroepeer kan word. Ons bied ook 'n BSc-graad met interdissiplinêre kurrikula wat tot verskeie nagraadse opsies in vier verskillende fakulteite lei. Hieronder is 'n lys van die programme en hul bykomende strome, waar van toepassing.
Besoek gerus www.maties.com en klik op "Wat kan ek studeer?" vir meer inligting.
Graadprogramme in Biologiese Wetenskappe
Hierdie program fokus op die diversiteit, oorsprong en funksie van organismes in verhouding tot hul omgewing. Dit bied 'n konseptuele oorsig oor ekologie, evolusie, dier- en plantvorme en funksies, biologiese veranderinge op 'n globale skaal, en herstelmeganismes.
Hoofvakke
Biodiversiteit en Ekologie (wat kan lei tot spesialisasie in Plant- of Dierkunde)
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 5 EN Fisiese Wetenskappe 4
Hierdie program gee jou die vakkundige agtergrond om die werking van enige lewende organisme op molekulêre vlak te verstaan. Dit lê die grondslag vir 'n loopbaan wat kennis en vaardighede in molekulêre selbiologie en biotegnologie vereis.
Hoofvakke
Biochemie, Genetika, Mikrobiologie
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 5 OF Wiskunde 6 (afhangend van jou vakkeuse) EN Fisiese Wetenskappe 4
Hierdie program vorm die basis vir jou begrip van die funksionering van die liggaam as geheel, van molekulêre tot sisteemvlak.
Hoofvakke
Stroom Biologie: Fisiologie, Anatomie, Biochemie, Genetika
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 5 OF Wiskunde 6 (afhangend van jou vakkeuse) EN Fisiese Wetenskappe 4
Hoofvakke
Stroom Biologie met Sielkunde: Fisiologie, Genetika, Sielkunde
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 5 EN Fisiese Wetenskappe 4
Hierdie program bestudeer liggaamsbeweging vanuit verskillende perspektiewe, soos o.a. op fisiologiese en biomeganiese vlak.
Hoofvakke
Fisiologie, Kinesiologie
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 5 EN Fisiese Wetenskappe 4
Graadprogramme in Fisiese Wetenskappe
Hierdie program bied studente opleiding in die verskillende velde van chemie wat anorganiese, organiese, analitiese, fisiese en polimeerchemie insluit.
Hoofvakke
Stroom Chemie en Polimeerwetenskap: Chemie + 'n tweede hoofvak
Stroom Chemiese Biologie: Chemie en Biochemie
Stroom Materiaaltegnologie: Chemie, Toegepaste Chemie
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4
Hierdie program rus studente toe met die Fisika-kennis, tegniese en spesifieke wetenskapsvaardighede wat vereis word in Laserfisika, Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfiska, sowel as Teoretiese Fisika.
Hoofvakke/Kernvakke
Strome Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika: Fisika en Toegepaste Wiskunde, Chemie, Rekenaarwetenskap, Wiskunde
Stroom Laserfisika (Biologiese): Fisika, Biochemie
Stroom Teoretiese Fisika: Fisika en Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap, Wiskunde
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4
Hierdie program fokus op die praktiese en teoretiese opleiding in geologie en geo-omgewingswetenskap.
Hoofvakke/Kernvakke
Stroom Toegepaste Aardwetenskap: Geologie, Geografiese Inligtingstegnologie
Stroom Geo-omgewingswetenskap: Geologie, Omgewingsgeochemie, Geografie en Omgewingstudie
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 (afhangend van jou vakkeuse); EN Fisiese Wetenskappe 4
Hierdie program fokus op die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van geo-informatika ten einde ruimtelike inligting digitaal vas te lê, te manipuleer, te ontleed, te modelleer en kartografies voor te stel.
Hoofvakke
Geografiese Inligtingstegnologie EN Rekenaarwetenskap, Sosio-informatika
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 (afhangend van jou vakkeuse); EN Fisiese Wetenskappe 4
Graadprogramme in Wiskundige Wetenskappe
Hierdie program bied ag strome wat verskillende velde in die wiskundige wetenskappe as fokus het, waarvan jy een kies. Dit sluit in Abstrakte Wiskunde, Biowiskunde, Finansiële Wiskunde, Operasionele navorsing, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde, Wiskunde en Wiskundige Statistiek.
Hoofvakke/Kernvakke
Afhangend van die stroom wat jy kies, sal dit ten minste één wees van: Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap, Finansiële wiskunde, Wiskundige Statistiek, Wiskunde, Operasionele Navorsing
In kombinasie met vakke uit die wiskundige wetenskappe; of vakke uit ander dissiplines soos: Algemene Taalwetenskap, Biochemie, Biodiversiteit en Ekologie, Chemie, Ekonomie, Genetika, Geografiese Inligtingstegnologie, Musiektegnologie, Fisika, Geografiese Inligtingstegnologie
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 6; EN Fisiese Wetenskappe 4 (as jy Chemie of Fisika wil neem)
Die BSc in Rekenaarwetenskap rus jou toe met 'n uitgebreide kennis van rekenaarwetenskap, insluitend programmering, rekenaarstelsels, databasisse, netwerke, bedryfstelsels en gelyklopende programmering.
Hoofvakke / Kernvakke
Algemene Rekenaarwetenskap (met 'n keuse tussen Toegepaste Wiskunde, Ekonomie, Algemene Taalwetenskap, Wiskundige Statistiek, Wiskunde, Operasionele Navorsing of Statistiek as hoofvak)
Rekenaarstelsels
Datawetenskap (met 'n keuse tussen Rekenaarwetenskap, Data Ingenieurswese, Wiskundige Statistiek en Statistiek)
Rekenaarwetenskap met Genetika
Rekenaarwetenskap met Geografiese Inligtingstegnologie
Spesifieke toelatingsvereistes
Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 en Wiskunde 6
Enige ander skoolvak uit die aangewese lys van vakke vir universiteitstoelating 4
EN
Indien jy Chemie of Fisika as keuse- of verpligte universiteitsvak wil neem: Fisiese Wetenskappe 4
Interdissiplinêre BSc-graad
Ons programme het tipies 'n dubbele hoofvak-struktuur wat studente voorberei vir nagraadse studies in een van die twee hoofvakke. Die strome in die interdissiplinêre BSc-graad volg 'n meer interdissiplinêre benadering wat na multidissiplinêre nagraadse opsies lei.
Hierdie stroom kombineer velde soos Ingenieurswese, Wiskundige Wetenskappe en die Biologiese Wetenskappe, met nagraadse studiemoontlikhede in Fisiologiese Wetenskappe, Wiskunde of Biomediese Ingenieurswese.
Hoofvakke: Fisiologie, Wiskunde
Kombineer Biologiese Wetenskappe en Fisiese Wetenskappe met Patentreg as derdejaarsmodule. Nagraadse studiemoontlikhede in Fisiologiese Wetenskappe of Chemie.
Hoofvakke
Chemie, Fisiologie
Kombineer Biochemie, Bioinformatika, Rekenaarwetenskap en Genetika op 'n multidissiplinêre vlak, met nagraadse studiemoontlikhede in Bioinformatika en Berekeningsbiologie; en moontlik ook in Biochemie, Rekenaarwetenskap of Genetika (met addisionele modules in 'n addisionele akademiese jaar).
Hoofvakke
Bioinformatika en Berekeningsbiologie
Spesifieke toelatingsvereistes
Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4; OF Chemie EN Fisika: 4
Vier fakulteite werk saam om die BDatSci-program aan te bied: Natuurwetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Agriwetenskap en Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die program gee 'n deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus, en behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering. Jy kan een van die volgende fokusareas kies:
Toegepaste Wiskunde (Natuurwetenskappe)
Rekenaarwetenskap (Natuurwetenskappe)
Statistiese Fisika (Natuurwetenskappe)
Statistiese Leer (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
Analitika en Optimering (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
Geoinformatika (Lettere en Wysbegeerte)
Statistiese Genetika (Agriwetenskappe)
Spesifieke toelatingsvereistes
'n NNS-gemiddelde van minstens 80% (Lewensoriëntering uitgesluit) en Wiskunde 80% plus een van die volgende:
- Afrikaans Huistaal 60% of
- Engels Huistaal 60% OF
- Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75% of
- Engels Eerste Addisionele Taal 75%
Ek verwag om 'n beter begrip te kry van hoe die wêreld funksioneer, van molekulêre vlak tot op ekosisteemvlak. Dit sal my help om verandering teweeg te kan bring.
- Voorgraadse BSc-student
'n BSc-graad help jou om jou kognitiewe vermoëns te ontwikkel en probleme anders te benader.
- Voorgraadse BSc-student
Met 'n BSc-graad, kry ek wetenskapskennis en die vermoë om dinge objektief en krities te analiseer, en ek leer hoe om hierdie kennis in die werklike lewe toe te pas.
- Voorgraadse BSc-student
Dit is belangrik om aan te hou leer. Ander kan nie u oorspronklike werk dupliseer of weergee nie. As u oorspronklik wil wees, moet u 'n uitvinder word en van nuuts af die basis tot die struktuur van u uitvinding bou.
- Marty Neumeier (20a14)
Voldoen ek aan die vereistes?
NSS/IEB Skoolverlatingskwalifikasies
- Jy moet ’n gemiddeld van minstens 65% in jou finale skoolverlatingseksamen behaal.
- Jy moet ’n minimum prestasievlak van 4 vir Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) behaal.
- Jy moet Wiskunde as skoolvak hê en minstens die minimum prestasievlak behaal, volgens die programspesifieke vereistes.
- Vir die programspesifieke toelatingsvereistes, gaan na www.maties.com en klik op “Toelating- en keuringsvereistes” op die kieslys onder: “Aansoek”; of raadpleeg die Jaarboek en klik op die Natuurwetenskappe-blokkie vir die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek. Alle programinligting is daarin vervat.
- Toelatingsvereistes vir leerders met internasionale skoolverlatingskwalifikasies is beskikbaar by www.maties.com. Klik op “Internasionale Kurrikulums” op die kieslys onder: “Aansoek”



Punte te laag?
Indien jy reeds voorwaardelik toegelaat is, maar slegs EEN van jou finale Graad 12-vakke se punte voldoen nie aan die minimum vereiste nie, kan jy aansoek doen vir ’n
Verlengde Graadprogram (VGP). Plekke is beperk en sosio-ekonomies benadeelde kandidate kry voorkeur. Hierdie roete neem een jaar langer as die hoofstroomgraadprogram.
Vir meer inligting, kontak ons akademiese koördineerder by (021) 808 3931 of epos haar by scienceadmin@sun.ac.za
Hoe doen ek aansoek?
Gaan na www.maties.com en voltooi die aansoekvorm aanlyn.
Onthou
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Julie
Onthou
Neem 'n ingeligte besluit vóór jy aansoek doen. As jy onseker is, kontak scienceadmin@sun.ac.za
Met 'n analitiese intellek, voortdurende aandag aan detail, en 'n holistiese benadering, glo ek dat geen probleem die aanslag van volgehoue denke kan weerstaan nie.
- Prof Chris Garbers, voormalige president van die WNNR en chemiedosent aan die US.
Kontak ons
Ons werwingsbeampte, Me. Maambele Khosa, is 'n alumnus van ons Fakulteit en is beskikbaar om met leerders en onderwysers te gesels oor studie- en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe.
E-pos: maambele@sun.ac.za
Tel: (021) 808 2681
Oorweeg u dit om 'n loopbaan in die natuurwetenskappe te volg, maar weet u nie watter loopbaanopsies daar is nie? Op hierdie bladsy bied ons 'n oorsig van loopbaanopsies in die biologiese wiskundige en fisiese wetenskappe, asook fokus op 'n paar van die nuutste en nuutste ontwikkelings op die gebied van wetenskap, soos bioinformatika, biomatematika, data wetenskap en masjienleer.
Ons moedig al ons studente aan om hul driejarige BSc-graad op te volg met 'n nagraadse kwalifikasie. Dit stel u in staat om erkenning (en registrasie waar toepaslik) as professionele wetenskaplike by die South African Council for Natural Scientific Professions (SACNSP) te verwerf.
Loopbane in die wetenskap:
Is u passievol oor Geografie, maar is u nie seker of u 'n loopbaan daaruit kan maak nie? Of is u 'n rekenaar-geek wat wil bydra tot 'n gesonde omgewing? Het u al ooit gewonder hoe satelliete ons wêreld verander het?
Dan moet u dit oorweeg om Geoinformatika te bestudeer, waar ons aardrykskunde en geo-ruimtelike tegnologie en rekenaarwetenskap kombineer om 'n wye reeks probleme op te los, van die opsporing van oliespuite in mariene omgewings en die bewaring van die omgewing tot die ontdekking van antieke argeologiese terreine.


Wat is Geoinformatika?
Geo-inligtingwetenskap (GISc) is 'die wetenskap van waar'. GISc kombineer die wetenskap van geografie met geo-ruimtelike tegnologie en datawetenskap om inligting-wetenskaplike infrastruktuur te ontwikkel en te gebruik om probleme in die landbou, rampbestuur, omgewingsbestuur, sosiale wetenskappe, stedelike beplanning, versekering, bemarking en logistiek, sowel as geowetenskappe en verwante takke aan te spreek. van ingenieurswese. 'N Geo-ruimtelike praktisyn sal geografiese inligting analiseer deur middel van ruimtelike analise, geografiese gegewenswetenskap en geovisualisering van geokodeerde big data wat deur lugfotogrammetrie, satellietaardwaarnemings, ruimtelike metodes en berekeningsvermoëns vasgelê is. Webkartering en kartografie is maniere om die uitsette van geografiese analise en modellering voor te stel.
Geoinformatika aan die Universiteit Stellenbosch
Die US bied 'n driejarige BSc-graad in Geoinformatika aan, gevolg deur 'n eenjarige BSc-honneursgraad in Geoinformatika. Hierdie gekombineerde vierjaarprogram is geakkrediteer deur die South African Geomatics Profession Act en gee gegradueerdes onmiddellike registrasie as 'n GISc Professional-in-Training. Verdere geleenthede bestaan in nagraadse studie in die vorm van meesters- en PhD-grade. Die Geoinformatika-modules is ook beskikbaar as keusevakke in baie ander BSc-programme.
Werksgeleenthede
As GISc-praktisyn, aardwaarnemingspesialis, ruimtelike data-ontleder, ontwikkelaar van geografiese ruimtes of navorsingswetenskaplike, kan u vir die regering of in die privaatsektor werk, as kommersiële konsultant, of by 'n wye verskeidenheid navorsingsinstellings werk.
Wil u meer weet?
Kontak Catherine Liederman by catherine@sun.ac.za
Tel no: +27 21 808 3218
Webwerf: www.sun.ac.za/geography
Facebook: www.facebook.com/SUGeoinformatics
Gereed om aansoek te doen?
Kontak Maambele Khosa, werwingsbeampte, Fakulteit Natuurwetenskappe
E-pos: maambele@sun.ac.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2020
Doen hier aansoek: http://www.sun.ac.za/english/maties/apply
Die meeste universiteite bied nie ʼn voorgraadse program "astrofisika" aan nie. Astrofisika is normaalweg ʼn nagraadse studierigting wat volg op 'n voorgraadse program waarin die grondbeginsels van Fisika vasgelê is.
Voorgraads
Dit is egter belangrik dat jou voorgraadse blootstelling jou in staat sal stel om in enige Fisika studierigting verder te kan studeer. Die Universiteit Stellenbosch is goed geplaas, aangesien ons voorgraadse program geskoei is op internasionale standaarde wat die grondbeginsels van Fisika aanbetref. Ons gee studente ʼn breedvoerige blootstelling aan klassieke en kwantummeganika; elektromagnetisme; statistiese fisika; en spesiale relatiwiteit, wat jou dus in staat stel om nagraads, verder in jou gekose rigting te kan studeer.


Nagraads
Ons nagraadse aanbieding is belyn met ons hoof navorsingsrigtings, naamlik: teoretiese fisika; laserfisika; en kernfisika. Daar is sekere teoretiese aspekte van astrofisika wat gemaklik binne die raamwerk van beide kernfisika, sowel as teoretiese fisika val, maar dit is baie projekspesifiek. Dus in ʼn neutedop: indien jy ʼn voorgraadse program in Fisika by die Universiteit Stellenbosch voltooi, is jy in ʼn baie goeie posisie om verdere studie in enige gekose spesialiteit by enige universiteit, plaaslik of internasionaal, te kan voortsit.
Uit ondervinding weet ons egter dat studente selde op eerstejaarsvlak alreeds ʼn deeglike begrip van ʼn spesifieke spesialiteitsrigting het. Jou akademiese pad ontwikkel grotendeels uit blootstelling en ervaring. Daarom is dit altyd wys om ʼn student wye blootstelling aan alle aspekte van Fisika te gee wat hom of haar met soveel nagraadse opsies as moontlik laat om van te kies.
Nuwe honneursprogram in Bioinformatika by die US
Die nuwe HonneursBSc-graad in Bioinformatika en Berekeningsbiologie wat vanaf 2021 deur die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied word, sal studente vir 'n stimulerende en internasionaal kompeterende loopbaan in bioinformatika voorberei.
Bioinformatika, wat beskryf kan word as datawetenskap wat op biologiese data toegepas word, sluit vaardighede in kodering, databerging en statistiese analise, gekombineer met 'n deeglike begrip van biochemie, genetika en mikrobiologie in.
Hierdie interdissiplinêre program is gerig op studente wat Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Statistiek, Rekenaarwetenskap, Biochemie, Genetika, Mikrobiologie, Molekulêre Biologie of ander toepaslike vakdissiplines as hoofvak vir hul voorgraadse studies gehad het.

Volgens Prof. Hugh Patterton, direkteur van die US se Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie en koördineerder van die program, genereer moderne navorsing in biologie tans teragrepe multidimensionele data. Hierdie groot hoeveelheid data kan toenemend net deur middel van die berekeningsbenadering van bioinformatika ontleed word.
Hierdie program bring 'n hele aantal prominente navorsers uit verskillende areas van kundigheid byeen, wat die Afdeling vir Menslike Genetika en Molekulêre Biologie, die Departement Biochemie, die Departement Genetika en die Instituut vir Wynbiotegnologie insluit.
Die US se Fakulteit Natuurwetenskappe bied ook opleiding in Bioinformatika en Berekeningsbiologie op voorgraadse vlak aan. Die basisvakdissiplines in die interdissiplinêre BSc-graadprogram (Stroom: Bioinformatika en Berekeningsbiologie) berei studente voor vir nagraadse studie: HonsBSc, MSc en uiteindelik 'n PhD in Bioinformatika en Berekeningsbiologie. Omvattende inligting oor die voorgraadse en nagraadse graadprogramme is beskikbaar in die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek (Deel 5) en op die Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie se webblad.
Meer oor bioinformatika
Bioinformatika het gegroei tot 'n vakdissipline in reaksie op die vereistes van die genoomvolgordebepalingspogings wat in die 1990s begin het. Die analise van die enorme hoeveelheid genoomdata, het berekeningsbenaderings benodig om genoom-eienskappe soos bv. gene en regulerende volgordes te identifiseer: 'n oefening wat bekend staan as genoom-annotasie.
Die toepassing van berekeningsmetodes het vinnig uitgebrei na ander areas in biologie, en het die bestudering van die uitdrukkingsvlak van alle gene in 'n sel of weefsel, of die vlak en post-translasionele modifikasietoestand van alle proteïene in 'n sel gefasiliteer. Dit bied 'n diepe insig in die regulering van die chemie in 'n sel.
Bioinformatika maak ook die analise van die evolusionêre verhouding tussen spesies, en die geografiese migrasies en interaksie tussen spesies oor verskeie millennia moontlik, insluitend dié tussen Homo sapiens en die niggies en nefies van die mens, H. neanderthalensis en H. denisovans.
Bioinformatika kan in die veld van landbou en menslike gesondheid toegepas word. Op landbougebied sal die bioinformatikus betrokke wees by die analisering van datastelle met toepassing in landboupraktyk en -bestuur ten einde produksie te optimaliseer.
In die veld van verpersoonlikte gesondheidsorg sal die bioinformatikus sy of haar vaardighede aanwend vir die ontwikkeling van verbeterde diagnostiese en behandelingspraktyke. Bykomend hiertoe stel bioinformatika ons ook in staat om die verhouding tussen spesifieke mutasies en die teenwoordigheid van gedefinieerde siektetoestande te bestudeer. Dit, tesame met die feit dat spesifieke mutasies die doeltreffendheid van 'n spesifieke behandeling beïnvloed, het die era van verpersoonlikte geneeskunde ingelui. Die toepassing van bioinformatika op genoomdata van pasgeborenes sal 'n revolusionêre impak op openbare en persoonlike gesondheid oor die volgende dekade hê.
Laastens stel bioinformatika ons ook in staat om fundamentele aspekte wat lewende sisteme definieer, sistematies te bestudeer. Dit het ten doel om verwante chemiese ekwilibria en geassosieerde ensiemkataliste in terme van sisteme te definieer, wat ons in staat stel om 'n dieper begrip van die chemie van lewe te ontwikkel, asook die ontwikkeling van nuwe, sintetiese lewensvorme, gegrond op die kleinste moontlike genoom.
Kom gesels met ons
Ons werwingsbeampte, Me. Maambele Khosa, is 'n alumnus van ons Fakulteit en is beskikbaar om met leerders en onderwysers te gesels oor studie- en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe. Kontak haar om 'n besoek aan jou skool te reël, of klik hier om aanlyn met haar te gesels.
E-pos: maambele@sun.ac.za
Tel: (021) 808 2681
Die gewilde Natuurwetenskappe Winterweek gee aan leerders wat geïnteresseerd is in 'n loopbaan in die Natuurwetenskappe, die ideale geleentheid om meer uit te vind oor studieprogramme wat die Fakulteit Natuurwetenskappe aanbied, die onderskeie vakdissiplines en die beroepsgeleenthede wat in hierdie wetenskapsvelde beskikbaar is.
Die Winterweek word nie in 2022 aangebied nie. Vir ander geleenthede om met die Fakulteit Natuurwetenskappe te skakel, kontak Maambele Khosa by maambele@sun.ac.za
Die Universiteit Stellenbosch sal 'n virtuele Ope Day op 9 April 2022 aanbied, en 'n in-persoon Opedag op 23 April 2022. Besoek http://www.sun.ac.za/afrikaans/maties/Pages/default.aspx vir nuwe inligting.
Maties 101 is 'n aanlyn geleentheid vir alle voorwaardelik aanvaarde studente, aangebied deur ons Rektor en Visekanselier, Prof Wim de Villiers, sowel as die Fakulteitsdekane.
Dit is 'n geleentheid vir jou, as toekomstige Matie, om eerstehandse ervaring in te win oor wat die US aanbied en wat om vir 2022 te verwag. Die volgende Maties 101 is op 3 September 2022.
Die 2021 Maties 101 videos is aanlyn beskikbaar:
Klik hier vir 2021 se Maties 101 studente-ervaring video.
Klik hier vir 2021 se Maties 101 wetenskapservaring video.