Nuwe Koshuis Plasings Beleid

Die nuwe koshuisplasingsbeleid is goedgekeur en beskikbaar gestel - die addendums sal sou gou moontlik ook beskikbaar gestel word.

 

pdfKliek hier om die beleid aftelaai

2013

Welkom by die webwerf van die Sentrum vir Studentegemeenskappe. 2013 is besig om baie vinnig te begin soos die Universiteit regmaak om eerstejaars en seniors te verwelkom.

Van die inligting wat tans baie belangrik is:

Die eerstejaars akkommodasiewaglys is steeds in werking en studente wat agv 'n kansellasie plasing kry sal onmiddellik telefonies in kennis gestel word.

Alle inligting in verband met die verwelkomingsprogram is beskikbaar op www.sun.ac.za/welkom en maak seker dat jy jou oë oophou vir die VerwelkomingsMatie vir die volle skedule.

Eerstejaars is verplig om die verwelkomingsprogram by te woon - indien jy onseker is waarheen om te gaan of wat om te doen - kontak asb jou PSO/koshuis HK lid wat jou sal kan help.

Ons wens jou alles van die beste vir die 2013 akademiese jaar, ons vertrou jy sal 'n groot sukses daarvan maak!

Nooitgedacht Studentewoonstelle

Nooitgedacht

Kliek hier vir nog inligting

Koshuisaanbouingsprojek: Publieke deelname op 17 Julie

Die Universiteit is tans besig met 'n omvattende Erfenis Studie ter voorbereiding vir die bou van nuwe koshuiskamers.

Onder leiding van erfenis konsultante, dr Elzet Albertyn en Lize Malan het Erfenis Wes-Kaap op 19 Maart 2012 'n proses goedgekeur waarin 'n erfenis impakstudie tesame met erfenis aanwysers opgestel word deur spesialis argitekte Mike Scurr, Peter Buttgens en Claire Abrahamse.

Hierdie proses het wye ondersteuning in die breë gemeenskap ontvang.

Die resultaat van hierdie ondersoek en die verslag daarvan is tans beskikbaar vir kommentaar by die Stellenbosch Biblioteek.

Verdere publieke deelname is aangemoedig deur twee Ope Dae wat gereël is vir 27 Junie 2012 en 17 Julie 2012. Die fokus op die Ope Dae is nie net die erfenis impakstudie nie, maar ook ander studies wat deur US onderneem is soos die Mobiliteitstudie, die Visie en Groei Strategie asook die samevattende HOOP Projek.

Hiermee nooi ons dan ook Universiteit Stellenbosch personeel en studente om die Ope Dag van Dinsdag, 17 Julie, by te woon. U kan na die voorgestelde koshuisaanbouings kom kyk vanaf 14h00 tot 20h00 in die Sanlamsaal, in die LSS (Neelsie).

Enige kommentaar na afloop van bywoning van die Ope Dag moet ontvang word voor of op 22 Julie 2012.

SSG op RSG

Gedurende die Woordfees het RSG aanbieders onderhoude met lede van die Sentrum vir Studente Gemeenskappe  gevoer en albei die AmaMaties hub en Klusterhuis besoek.  Hierdie is wat daarvan gekom het.

  

RSG

Verdere Artikels...

  1. Prof John Schuh
  2. Nuwe Koshuisreëls
  3. 2012!

Bladsy 1 van 2

Studente- & Akademiese Steun

SAS