SSG op RSG

Gedurende die Woordfees het RSG aanbieders onderhoude met lede van die Sentrum vir Studente Gemeenskappe  gevoer en albei die AmaMaties hub en Klusterhuis besoek.  Hierdie is wat daarvan gekom het.

  

RSG

Nuwe Koshuisreëls

Op 15 Februarie 2012 het die Viserektor (Onderrig) die gewysigde Koshuisreëls goedgekeur.

Klik op die beeld (regs) vir die PDF weergawe.  Let asb dat dit Engelse vertaling nog nie beskikbaar is nie.

 

 

 

      

koshuisreels

Huidige Studente

Die Sentrum vir Studentegemeenskappe beoog om ’n veilige omgewing te skep waar studente aan die Universiteit Stellenbosch die geleentheid kry om ten volle as studente te ontwikkel – beide op akademiese en sosiale  vlak. As ‘n student aan die US is jy reeds deel van ‘n kleiner studentegemeenskap, hetsy as lid van ‘n koshuis, kluster of PSO. Hierdie kleiner gemeenskappe word geskep sodat jy nuwe vriendskappe kan ontwikkel, aan kampusaktiwiteite kan deelneem en ook sodat jy akademiese ondersteuning van jou mede studente kan kry.

Neem asseblief deel en maak die beste van jou jare as ’n Matie!

 

 

 

 

 

Sien asseblief deel 1 (Algemeen) van die Jaarboek van die Universiteit Stellenbosch vir volle inligting oor plasings en ander beleide.