Die Universiteit Stellenbosch is toegewyd daaraan om studente met gestremdhede wat aan die nodige akademiese vereistes voldoen, as volwaardige geïntegreerde lede van die studentegemeenskap op te neem.

Waar haalbaar en finansieel moontlik word voorsien in die behoeftes van sodanige studente ten einde die kampus toeganklik en student-vriendelik te maak. Die belange van studente met gestremdhede word deur die Kantoor vir Studente met Spesiale Leerbehoeftes (Gestremdhede) gekoördineer. Vir volledige besonderhde aangaande die Universiteit se Beleid ten opsigte van Studente met Gestremdhede, en algemene inligting oor akkommodasie, fisiese fasiliteite, en ondersteuningsdiente vir sulke studente, kontak Me Marcia Lyner-Cleophas by cleophas@sun.ac.za of telefonies by 021 808 4707.

 

 

KONTAK BESONDERHEDE

(021) 808-2222
(021) 808-4806
studentesake@sun.ac.za

Fisiese ligging
Langenhoven (Neelsie) Studente- sentrum op die eerste vloer tussen die Sanlamsaal en die Studenteraadskantoor.