Die Groen Roete is ingestel as aanbevole, veiliger roete op die Stellenboschkampus van die Universiteit Stellenbosch. Dit word aktief gepatrolleer (bo en behalwe die normale patrollering van die kampus) gedurende die akademiese jaar en word aanbeveel vir gebruik wanneer studente na sononder op die kampus moet beweeg. Die Groen Roete-patrollies is in werking gedurende weeksaande (Maandag- tot Vrydagaande) vanaf 20:00 tot 01:00 en gedurende naweke (Saterdag- en Sondagaande) vanaf 21:00 tot 02:00 . Die strate wat gepatrolleer word, word in groen hieronder aangetoon. Hou u muis bo-oor 'n gebou om die gebou se naam te sien:

 

KONTAK BESONDERHEDE

(021) 808-2222
(021) 808-4806
studentesake@sun.ac.za

Fisiese ligging
Langenhoven (Neelsie) Studente- sentrum op die eerste vloer tussen die Sanlamsaal en die Studenteraadskantoor.