Universiteit Stellenbosch en sy omgewing bied aan almal wie se pad op een of ander wyse hier kruis, 'n ervaring, iets om oor na te dink, of bloot die verwondering dat so 'n unieke, positiewe en vooruit strewende instelling moontlik is. Die stelling: "Stellenbosch staan vir 'n idee" is reeds sinoniem met ons volle aard en karakater. Kom doen moeite om vas te stel of dit waar is!

Die geleentheid om aan Universiteit Stellenbosch te kan studeer verseker 'n lewenslange vennootskap wat nie alleen 'n internasionaal aanvaarbare akademiese kwalifikasie bied nie, maar ook lewenservaring en vriendskapsbande wat die toets van tyd deurstaan. Stellenbosch is nie net nasionaal en internasionaal bekend vir sy akademiese uitmuntendheid nie, maar veral ook vir die verrykende en onvergelykbare studentelewe wat dit bied.

Ons nooi u dus uit om hierdie blaaie te gebruik om meer te leer oor Universiteit Stellenbosch en ons studente. Voel vry om ons te kontak as u enige navrae het!

Dr Llewellyn MacMaster
Studentedekaan

Vir die jongste nuus besoek die Universiteit se nuusblog

 

KONTAK BESONDERHEDE

(021) 808-2222
(021) 808-4806
studentesake@sun.ac.za

Fisiese ligging
Langenhoven (Neelsie) Studente- sentrum op die eerste vloer tussen die Sanlamsaal en die Studenteraadskantoor.