TUISBLAD
Volhoubaarheid is die vermoë om in huidige lewensbehoeftes te voorsien, en om lewensgehalte te verbeter en te ontwikkel sonder 'n toename in die gebruik van materiaal en energie wat meer is as wat die huidige ondersteunende stelsels kan hanteer. Die ondersteunende stelsels kan ook sodanig hernuwe word dat toekomstige geslagte se vermoë om in hulle lewensbehoeftes te voorsien, en hul lewensgehalte te verhoog en te ontwikkel, nie benadeel word nie.1 Daar is dus ’n balans - wat oor meer as een geslag strek - tussen die natuur (ekologie), mense (gemeenskap of sosiale netwerke) en die ekonomie.
Volhoubaarheid is, naas die uitbouing en versterking van die Universiteit se kundigheidsbasis, die verdere verbetering van studentesukses, en die verhoogde diversifisering van die personeel- en studentekorps, een van die Universiteit se fokusse vir die volgende aantal jare.
Dit sluit aan by die Universiteit se verbintenis tot die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte, spesifiek “Die bevordering van ’n volhoubare omgewing en 'n kompeterende nywerheid”. Hierdie verbintenis word in die Universiteit se HOOP Projek vergestalt. Dit is dus nie losstaande van ons ander inisiatiewe nie, maar vorm 'n integrale deel daarvan.
| Die US en volhoubaarheid | Wat gebeur reeds? |
| Raak self betrokke | Meer inligting | Nuus | Skakel ons |
1 Report of the World Commission on Environment and Development: Our Common Future, Transmitted to the General Assembly as an Annex to document A/42/427 - Development and International Co-operation: Environment (http://www.un-documents.net/wced-ocf.htm)
