Agtergrond

Universiteit Stellenbosch het in 2010 sy eerste mobiliteitsmeesterplan opgestel. Op grond van hierdie plan is daar gefokus op maniere waar motorvervoer in kombinasie met ander vervoermetodes, soos stap, fietsry-, saamryklubs en kampuspendeldienste, gebruik kan word.

Teen einde 2015 is dit opgevolg deur ‘n in diepte studie van die vervoergedrag van personeel en studente. Die doel was om te verstaan wat mense sou verhinder of aanmoedig om hulle bestaande vervoermetode te verander of aan te vul met ander vervoermetodes.  Hierdie data is aangevul met data wat verkry is uit 'n parkeeroudit van Stellenbosch-, Tygerberg en Bellvilleparkkampusse. Die resultate van hierdie studies is verwerk in ‘n nuwe plan vir ‘n geïntegreerde vervoernetwerk en –stelsel. Dit word vanaf 2018 geïmplementeer.

Beide die 2010 plan, en die nuwe plan staan binne ‘n bepaalde raamwerk wat besluitneming rig. Dit sluit aspekte in soos die definiëring van die US se rol, voldoening aan wetlike vereistes, verrekening van die sosiale impak en die daarstel van ‘n volhoubare finansiële model.