Op kampus

'n Groener US-kampus word in die vooruitsig gestel deur die vermindering, hergebruik en herwinning van afval. Dit is een van die projekte wat uit die geïntegreerde afvalbestuursplan voortvloei en deel van die Universiteit Stellenbosch se oorkoepelende volhoubaarheidsinisiatief uitmaak. Aangesien Stellenbosch se stortingsterrein gesluit is, het die Universiteit hom daartoe verbind om die hoeveelheid afval wat oor die volgende vyf jaar gegenereer word, in samewerking met plaaslike besighede en munisipaliteite te verminder.

US steun die internasionale standaard om afval te verminder, te hergebruik en te herwin.

Herwin Verminder Hergebruik

 

As jy nie die materiaal self optimaal kan benut nie, gebruik die infrastruktuur en fasiliteite wat ander vir die herwinning van materiaal bied.


Kliek nou om te sien wat US doen.

Dit beteken jou primêre verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die geslagte ná jou is om jou gebruik van materiaal en dus jou impak op die wêreld se hulpbronne, te verminder.


Kliek nou om te sien wat US doen.

Waar jy nie anders kan as om materiaal te gebruik nie, is jou sekondêre verantwoordelikheid om dit optimaal te benut.


Kliek nou om te sien wat US doen.