Op kampus

Biodiversiteit behels die bewaring van lewe en lewende organismes van verskillende soorte en vorms. Biologiese diversiteit is die lewensvolhoubare hulpbronne waarop huidige en toekomstige generasies staatmaak.

Biodiversiteit vorm deel van die Universiteit Stellenbosch se ekologiese volhoubaarheidstrategie vir 2018 – 2023.

Die volgende doelwitte is gestel:

Om die getal plaaslike endemiese spesies met 20% te verhoog
Zero-verdraagsaamheid teenoor indringerspesies
Dat 80% van alle bome op kampusse endemies is
Die fasilitering van voortdurende verwerking van tuinareas waar moontlik om die lewende mikro-organismes in die grond te vermeerder
Dat 50% van plante in die landskap uit geharde waterwys-plante bestaan
Die rehabilitasie van 90% van ge-erodeerde areas.

Om hierdie doelwitte te bereik, doen die Universiteit Stellenbosch reeds die volgende:

Indringerspesies in die berge en riviere word beheer op alle kampusse.
Inheemse spesies word aangeplant. Só bestaan 10 hektaar grond op die Tygerbergkampus reeds uit inheemse fynbos en op die Worcesterkampus is 2 hektaar Karooveld behou.
Hernubare bronne word gebruik vir papieraankope.
Uil- en vlêrmuisbokse moedig diversiteit en natuurlike pesbeheer op kampusse aan.
Biologiese beheer word via die Falcon-program uitgeoefen.
Kos- en komposafval word op kampus verwerk en versnipperde plantmateriaal word as voeding in tuine gebruik.
Voedseltuine wat deur FM geloods is, word deur studenteliggame geadministreer.
Bome word voortdurend aangeplant en word op kampusse aangemoedig as deel van nuwe projekte.