Interaksie tussen vervoermetodes

Stellenbosch

Op die Stellenbosch-kampus en in die dorp self word aandag gegee aan die daarstel van veilige voetgangerroetes en aanmoediging van stap, die gebruik van fietse en die gebruik van kampuspendeldienste. Ten einde die kampus te bereik, word gekyk na die aanmoediging van saamryklubs en openbare vervoerdienste vir die breër Stellenbosch en van buite Stellenbosch. 


Tygerberg

Tygerberg se geïntegreerde oplossing lyk ’n bietjie anders. Die kampus leen homself hoofsaaklik tot stap en daar word dus voorsiening gemaak vir veilige voetgangerroetes. Die kampus kan bereik word deur gebruik te maak van saamryklubs en openbare vervoerdienste.