Huurprosedure

1. Doen die betaling op een van die volgende maniere:
  1.1 R2 800 kaartbetaling (terugbetaalbare deposito van R1 500 ingesluit) by die Kassiere in Administrasiegebou A. Spesifiseer kwitansietipe 1200. Behou asb albei strokies wat jy ontvang as betalingsbewys wanneer jy jou fiets kom haal.
  1.2

Betaling via EFT: Betalings sal eers na 2 – 3 werksdae in die Matie Fiets rekening reflekteer

Bank: Standard Bank
Rekeningnaam: SU Deposito / algemeen
Rekeningnommer: 073006955
Takkode: 050610
Verwysing: Bike(studentenommer en van)

Voorbeeld: bike1552364VanDer Merwe

  1.3 Departemente / afdelings: Rig ’n interdepartementele rekwisisie van R2 800 per fiets aan die Vervoervoerdienste, OE 5925, kommoditeitskode 8800.
 
2. Na betaling gedoen is, e-pos die nodige dokumente, soos onder gelys, na fiets_bike@sun.ac.za om ’n afspraak te maak om jou fiets af te haal.
 
3. Bring die volgende saam na die Matie Fietskantoor se kantoor by Vervoervoerdienste in Banghoekweg. (Kliek hier vir ’n kaart - nr. 26 op die kaart)
  3.1 Betalingsbewys (albei strokies)
  3.2 Studente-/ personeelkaart
  3.3 Identiteitsdokument
  3.4 Selfoonnommer (SA selfoonnommer vir buitelandse studente)
  3.5 Paspoort en studiepermit (internasionale studente)
  3.6 Verblyfsadres op kampus
  3.7 Dit is verpligtend om ’n Suid-Afrikaanse bankrekening te hê waarin deposito’s aan die einde van die huurtydperk terugbetaal kan word. Sorg asseblief dat amptelike bankbesonderhede verskaf word sodat ons jou terugbetaling kan doen. Let wel: Terugbetalings in kontant of per tjek is gestaak.
  3.8 Vir internasionale studente wat nie ’n Suid-Afrikaanse bankrekening kan oopmaak nie – voorsien ons asseblief van jou internasionale bankbesonderhede (bevestigingsbrief van jou bank of bankstaat) en bewys van woonadres (internasionale woonadres). Wagtydperk vir terugbetalings neem tussen 2-3 weke en studente sal die bankgelde gehef word wat van die deposito afgetrek sal word.
 
4. Die kontrak word gefinaliseer en jy ontvang jou fiets.
 
5. Vir meer inligting, stuur e-pos na fiets_bike@sun.ac.za