Verdere inligting

Fietsrakke en -loodse

Hoewel fietsrakke steeds op die kampus beskikbaar sal wees, word beoog om verskeie veilige fietsloodse op sentrale punte op die kampus op te rig. Daar is tans fietsloodse beskikbaar by:

  • Die Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou
  • Die Polimeerwetenskappe-gebou
  • Die Teologie-gebou
  • Die Algemene Ingenieurswese-gebou

Sien kaart.

Vir toegang na fietsloodse vir private fietse e-pos die relevante inligting soos onder gelys, na fiets_bike@sun.ac.za. Jou personeel- of studentekaart word dan geaktiveer om jou toegang te gee tot die fietsloodse. Matiefietse word outomaties geaktiveer.

Detail benodig vir fietsregistrasie:

  • Fiets- en serienommer
  • Studentenommer
  • Fietsnaam
  • Kleur van fiets

Herstelwerk tydens die huurperiode

1. Kontak asb die volgende diensverskaffer:
  • Flandria Cycle shop 021 887 1533

Diefstal

1. Meld die diefstal binne 24 uur aan by die naaste polisiekantoor aangesien 'n saaknommer benodig word.
2. Stel Kampussekuriteit asook die fietskantoor in oor die diefstal en bevestig die saaknommer:
  • Fietskantoor tussen 08:00 en 16:00: 021-808 9987
  • Kampussekuriteit: 021-808 4891 / 2333
3. Let wel: Indien u fiets gesteel word, word die deposito nie terugbetaal nie.

Terugbesorging

1. Kontroleer dat die fiets en bykomstighede volledig is. (Verwys na die kontrolelys op die kontrak.)
2. Neem die fiets na Flandria Fietswinkel vir 'n evaluasie (nie na een van die ander winkels op die herstellys nie).
  2.1 Flandria gaan die fiets na in die teenwoordigheid van die huurder en voltooi 'n evaluasievorm. Die vorm dui die aard van die skade, indien enige, aan, asook die koste.
  2.2 Die huurder teken dat die inligting korrek is.
  2.3 LW. Indien die huurder van mening is dat die evaluasie nie billik is nie, kan die huurder dadelik die Fietskantoor versoek om 'n onafhanklike evaluasie te kry. Hierdie aanbeveling sal finaal wees. Indien die beswaar egter nie dadelik aangeteken word nie, word volstaan met Flandria se aanbeveling.
3. Besorg die fiets en die evaluasievorm aan die Matie Fietskantoor by Vervoerdienste.
4. Die Fietskantoor kontroleer dat al die bykomstighede wat saam met die fiets verhuur is (volgens die kontrolelys op die aansoekvorm) terugbesorg is. Indien enige item nie terugbesorg is nie, word die koste hiervan ook van die terugbetaalbare deposito verhaal.
5. Indien die fiets(e) of toerusting beskadig of vernietig is, sal die koste van die herstelwerk van die terugbetaalbare deposito afgetrek word of mag die deposito in geheel verbeur word. Jy sal ook aanspreeklik gehou word vir die herstelwerk of waarde van die fiets tot die mate wat dit die waarde van die deposito oorskry. Dit is die uitsluitlike diskresie van die US of die fiets herstel of afgeskryf word.
6. Terugbesorgingsdatum:
  6.1 LW. Geen kontant of tjek terugbetalings vind plaas nie.
  6.2 Elke fietskontrak dui die laaste datum aan waarop die fiets aan die Matie Fietskantoor terugbesorg kan word. Indien die fiets na hierdie sluitingsdatum terugbesorg word, sal 'n boete van R200 opgelê word.
    6.2.1 1ste Semester (Januarie –Junie): Die laaste weeksdag in Junie is die laaste dag wat die fiets terugbesorg kan word.
    6.2.2 2de Semester (Julie – Desember): Die laaste weeksdag in die eerste week van Desember is die laaste dag wat die fiets terugbesorg kan word.
    6.2.3 Jaarkontrak (Januarie – Desember): Die laaste weeksdag in die eerste week van Desember is die laaste dag wat die fiets terugbesorg kan word.
  6.3 Let asb daarop dat die Matie Fietskantoor by Vervoerdienste gesluit sal wees vanaf 15 Desember tot die begin van die tweede week in Januarie.
7. Bevestig asb. u selfoon- en kontakbesonderhede indien enige opvolgaksie nodig sou wees.
 

Veiligheidswenke


Instandhouding