Aansoeke en wysigings

  1. Ander:

    3.1 Toegang tot addisionele valbome
    3.2 Tydelike benutting van gereserveerde parkeerplekke
    3.3 US dienspersoneel
    3.4 Parkeerskyfies vir US diensvoertuie
    3.5 Maatskappye of instansies wat kantoorruimte by die US het
    3.6 Afleweraars, koeriers en konsultante
    3.7 Besoekers met gereëlde afsprake
    3.8 Besoekers (ad hoc)
    3.9 Pasiënte by Tygerbergkampus

3. Ander
3.1 Toegang tot addisionele valbome
Beskikbaar vir: 3.1.1 Lede van 'n saamryklub wat dieselfde parkeerarea deel sodat al die lede se kaarte geaktiveer kan word vir toegang tot die betrokke valboom.
3.1.2 Personeellede wat op ad hoc basis dienste by ander geboue as hul eie lewer.
Prosedure: 3.1.3 Laai die aansoekvorm vir saamryklubs van die web af, of die aansoekvorm vir ad hoc dienste.
3.1.4 Voltooi die vorm en stuur dit aan die kampus parkeerkoördineerder.
LW. Let asb. op die bepalings wat geld vir hierdie vergunning.
 
3.2 Tydelike benutting van gereserveerde parkeerplekke
Moontlik wanneer: 'n Personeellid aan wie 'n gereserveerde parkeerplek toegeken is, toestemming verleen dat die plek in sy/haar afwesigheid benut mag word deur 'n kollega wat reeds toegang het tot die betrokke parkeerarea.
Prosedure: 3.2.1 Laai die gepaste toestemmingsbrief van die web af en voltooi dit.
3.2.2 Plaas die brief in die voorruit van die tydelike gebruiker se voertuig, aan dieselfde kant as waar die parkeerskyfie vertoon word.
 
3.3 US-dienspersoneel
3.3.1 Personeel wat universiteitsvoertuie bestuur in die uitvoering van hulle pligte, bv. Kampussekuriteit en Instandhouding.
Prosedure: 3.3.1.1 Een verantwoordelike persoon per afdeling laai die korrekte aansoekvorm af, voltooi dit en e-pos dit aan die kampus se parkeerkoördineerder.
3.3.1.2 Bogenoemde persoon sal ingelig word sodra toegang gereël is.
  3.3.1.3 LW. Ongeag in watter hoedanigheid 'n persoon parkeer, moet die US parkeerreëls te alle tye gehoorsaam word.
 
3.3.2 Personeel wat hul privaat voertuie bestuur in die uitvoering van hulle pligte op die kampusse
Voorwaardes: 3.3.2.1 Die betrokke personeellid se privaat voertuig is reeds geregistreer is vir toegang tot US parkering.
3.3.2.2 Daar mag op gemerkte diensvoertuig-parkeerplekke, of op nie-gereserveerde parkeerplekke geparkeer word. In die area waarvoor die persoon as indiwidu geregistreer is, mag daar slegs op die toegekende soort parkering geparkeer word.
Prosedure: 3.3.2.3 Een verantwoordelike persoon per afdeling laai die korrekte aansoekvorm af, voltooi dit en e-pos dit aan die kampus se parkeerkoördineerder.
3.3.2.4 Bogenoemde persoon sal ingelig word sodra toegang gereël is.
  3.3.2.5 LW. Ongeag in watter hoedanigheid 'n persoon parkeer, moet die US parkeerreëls te alle tye gehoorsaam word.
 
3.4 Maatskappye of instansies wat kantoorruimte by die US het
Prosedure: 3.4.1 Die verantwoordelike personeellid wat die verhouding met die maatskappy bestuur, gee die Bepalings en Voorwaardes i.v.m. parkering sowel as die koste daarvoor deur aan die betrokke maatskappy of instansie.
3.4.2 Indien die maatskappy of instansie toestem tot die Bepalings en Voorwaardes, sowel as die koste, stuur die verantwoordelike personeellid die voltooide vorm via e-pos aan Tania Steenkamp by tmelotte@sun.ac.za.
3.4.3 Die verantwoordelike personeellid sal oor die status van die aansoek ingelig word.
 
3.5 Afleweraars, koeriers, konsultante en kontrakteurs
Van toepassing op: Enige buite-instansie wat toegang tot US parkeerareas of -valbome benodig ten einde toerusting af te lewer, of dienste te lewer.
Prosedure: Die US afdeling wat die diens benodig, kontak die parkeerkoördineerder met die nodige inligting.
LW. Daar mag slegs op laaisones geparkeer word. In die geval van die gebruik van privaat voertuie (soos konsultante), moet die nodige skyfie in die voorruit vertoon word.
 
3.6 Besoekers met gereëlde afsprake
Van toepassing op: Buite-persone wat afsprake nakom op Stellenboschkampus by geboue naby aan besoekersareas waar wagte aan diens is of op die Tygerbergkampus.
Prosedure - Stellenboschkampus: 3.6.1 Die volgende inligting word benodig: naam en van, US-nommer (indien van toepassing), voertuigregistrasie, datum en tyd.
3.6.2 Kontak die parkeerkoördineerder via e-pos ten minste een werksdag voor die besoek. Die parkeerkoördineerder sal die nodige reëlings tref of, indien daar 'n probleem is, met die nodige partye skakel.
3.6.3 Die parkeerkoördineerder sal met die betrokke wag reël dat parkering vir die besoeker gereserveer word, of indien die area reeds volbespreek is, 'n alternatiewe parkeerarea voorstel.
Prosedure - Tygerbergkampus 3.6.4 Die betrokke afdeling reël vooraf met Tygerberg se parkeerkoördineerder vir die uitreiking van 'n voorafgeaktiveerde toegangskode.
3.6.5 Verskaf asb die volgende inligting vir VIP-parkeeraansoeke: US-nommer (indien die persoon aan die US verbonde is), voertuigregistrasie, datum en tyd.
3.6.6 Verskaf asb die volgende inligting vir gewone besoekersparkering: Naam en van, US nommer (indien die persoon aan die US verbonde is).
  3.6.7 Die kode verskaf toegang tot die Tygerberg hoofhek (via die inkomende bane vir personeel en studente), asook die valboom van enige ander parkeerarea waartoe die besoeker gemagtig word.
  3.6.8 Die kode gee verder toegang tot die uitgaande valboom (of valbome).
 
3.7 Besoekers (ad hoc)
Van toepassing op: Besoekers wat op ad hoc basis die kampusse besoek, sonder dat daar vooraf reëlings getref is.
Prosedure - Stellenboschkampus 3.7.1 Stellenboschkampus: maak gebruik van oop parkering wat gemerk is vir besoekers, besoekers (as daar plek beskikbaar is wat nie vir 'n gereëlde afspraak gereserveer is nie) of parkeer op munisipale parkeerareas.
Prosedure - Tygerbergkampus 3.7.2 Meld aan by die sekuriteit by die hoofhek. Die voertuig- en bestuurderslisensies word geskandeer, selfoonnommers word ingevul en die parkeerarea word toegeken na gelang van die rede vir die besoek.
  3.7.3 Die besoeker ontvang 'n toegangskode wat op 'n papiertjie gedruk word. Die kode verskaf toegang tot die korrekte valbome (inkomend en uitgaande).
 
3.8 Pasiënte by Tygerbergkampus
Van toepassing op: Pasiënte wat die Baromediese afdeling, MRI Cubic Afdeling of Kliniese Genetika Afdelings besoek.
Prosedure: 3.8.1 Die betrokke afdeling verskaf die lys van pasiënte, sowel as hul besoektyd aan die parkeerkoördineerder vir Tygerbergkampus.
3.8.2 Die parkeerkoördineerder bevestig 'n toegangskode aan die versoeker om aan die pasiënt te bevestig voor besoek afgelê word.