Aansoeke en wysigings

4. Wysigings
4.1 Algemeen
4.1.1 Voertuiginligting a.g.v. die foutiewe insleutel daarvan, of inligting wat verander het, kan so gou moontlik reggestel word. Sien 4.3.1 hieronder vir instruksies.
4.1.2 Versoeke vir verandering van soort parkering of toegewysde parkeerarea word eers verwys na die betrokke omgewings vir hulle insette.
 
4.2 Tydens die aansoekproses
 4.2.1 Indien u nog nie u aansoek ingedien het en die bevestigende rekenaarskerm gesien en e-pos ontvang het nie, kan u die inligting self wysig.
 4.2.2

Indien u reeds u aansoek ingedien het, kanselleer u aansoek en dien dit weer in (met die korrekte inligting) of stuur e-pos na Vervoerdienste of skakel 021 808 9071/3916.

 
4.3 Nadat die toekennings afgehandel is
4.3.1 Kliek hier om u toekenningsbesonderhede te sien.
4.3.2 Kliek op "Verander Voertuigbesonderhede" aan die onderkant van die bladsy en verander u voertuiginligting. Kliek dan op "Aanvaar". Die veranderinge sal gestoor word en 'n e-pos aan die parkeerkoördineerder van u kampus gestuur word om die nuwe parkeerskyfie te druk. Die skyfie sal dan via interne pos aan u gestuur word.