Boetes

Boetes sal vir die volgende oortredings uitgereik word.

Beskrywing Boete
Versuim om voertuig te registreer R500
Versuim om parkeerskyfie te vertoon R300
Ongemagtigde parkering * R300
Ongemagtigde parkering op 'n parkeerplek vir gestremde persone R500
Verontagsaming van verkeerstekens R300
Verontagsaming van opdragte van Kampussekuriteits- of parkeerbeampte R500
Ontsluiting van 'n wielklamp R500

* Ongemagtigde parkering behels onder meer:

  • Parkering op universiteitsgronde van enige voertuig wat nie vir toegang geregistreer is en die korrekte parkeerskyfie vertoon nie.
  • Parkering op enige parkeerplek waarvoor die parkeerskyfiehouer nie geregistreer is nie.
  • Parkering wat enige nasionale of plaaslike verkeerswette of regulasies oortree, bv. parkering op 'n rooi streep, of parkering wat toegang tot 'n brandkraan versper, ens.

Let op die volgende:

  1. 'n Maksimum van twee boetes per persoon per jaar word toegelaat voordat dissiplinêre optrede intree.
  2. Indien u in gebreke sou bly om die boete(s) te vereffen, mag u huidige toegang tot universiteitsparkering tydelik of permanent opgeskort word, benewens enige ander strawwe of boetes wat deur die US of enige ander gemagtigde owerheid uitgereik mag word.
  3. Personeel en studente se parkeergeskiedenis, met insluiting van boetes en wanbetaling, speel 'n rol in die beoordeling van toekomstige aansoeke om toegang tot parkering.

Betaling van boetes:
Daar is twee betaalwyses:

  • Betaal die boete via EFT of met 'n kaart by die kassiere in Administrasiegebou A (Stellenboschkampus) of by die kassiere by Tygerberg. Verskaf u US-nommer (indien u 'n personeellid of student is), boetenommer en spesifiseer "Parkeerboete, kwitansietipe 3201" tydens die betaling sodat die betaling aan die korrekte persoon en oortreding verbind word.
  • Betaal elektronies deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:
    • Bank: Standard Bank
    • Rekeningnaam: US deposito
    • Rekeningnommer: 073 006 955
    • Takkode: 050610
    • Verwysing: B164 + boetenommer op u boete
  • In beide gevalle moet bewys van betaling aan die US Mobiliteitsbestuurder gestuur word.

Let wel: As boetes nie deur middel van een van die bogenoemde betaalopsies betaal word nie, kan dit in die geval van studente op die studenterekening bygevoeg word.