Kansellasies

Personeel

1. Indien personeel uit diens van die Universiteit tree, word toegang tot parkering outomaties gekanselleer en verskyn die laaste aftrekking op die laaste salaris van die betrokke personeellid.
 
2.

Om self toegang tot parkering te kanselleer, stuur 'n e-pos na Wendy Robyn by wrobyn@sun.ac.za of Tania Melotte by tmelotte@sun.ac.za.

 
3. Om betaling tydelik op te skort tydens studieverlof of sabbatsverlof: Indien u met studieverlof gaan wees vir 'n periode van twee maande of langer, kan u 'n versoek rig dat die verhaling van die parkeerheffing vir die periode van u afwesigheid opgeskort word.
  3.1 Die opskorting vind volgens kalendermaande plaas. Indien u dus vir 'n gedeelte van 'n maand van die parkering gebruik maak, sal u steeds vir die maand se bedrag aanspreeklik wees.
  3.2 Rig 'n e-posversoek aan u kampus parkeerkoördineerder. Verskaf u US-nommer, sowel as die periode wat u nie op die kampus gaan wees nie.
  3.3 Let net daarop dat hierdie inligting ten minste een kalendermaand voor u vertrek ontvang moet word ten einde betaling betyds op te skort.

Studente

1. Indien 'n student die Universiteit voor die einde die jaar verlaat, word toegang tot parkering outomaties gekanselleer. Die bedrag vir parkering vir die oorblywende deel van die jaar word pro rata terugbetaal tydens die afsluiting van die student se rekening.
 
2. Om self toegang tot parkering te kanselleer, stuur 'n e-pos na Wendy Robyn by wrobyn@sun.ac.za of Tania Steenkamp by tmelotte@sun.ac.za.