Tariewe en verhaling

Die tariewe word bereken na gelang van die soort parkering wat toegeken is, sowel as die aantal parkeerskyfies waarvoor aansoek gedoen is.

    2024
  Soort parkeerskyfie Per jaar*
1. Koshuis & gereserveerde parkering: skadu / beskut R2 460
2. Koshuis & gereserveerde parkering: onbeskut R2 160
3. Nie-gereserveerde parkering by langtermynparkeerarea R1 536
4. Gereserveerde parkering vir gestremde persone (personeel en privaat studente) R1 056
5. Nie-gereserveerde parkering by geboue: skadu / beskut of agter bolder vir personeel en studente R1 536
6. Nie-gereserveerde parkering by geboue: onbeskut vir personeel R1 032
7. Algemene parkering: sentrale kampus vir personeel en studente (Skuilhoek J5, Ou Bloemhof I4, Joubertstraat, R & Ingenieurswese U4) R1 032
8. Algemene parkering: periferie vir personeel en studente (Coetzenburg, hokkieparkering en Lentelus) R492
9. Addisionele skyfie (per skyfie) R30
10. Vervanging van parkeerskyfie R30

* 'n Toekenning asook tariewe is geldig vanaf begin Januarie tot einde Desember

Let asb. op die volgende: Die US hef nie tariewe vir parkering buite sy eie gronde nie. Dit sluit areas soos Academia in. Indien die betrokke student / personeellid egter wel op US-gronde wil parkeer, moet die aansoekprosedures vir algemene parkering, soos uiteengesit, gevolg word.


Verhaling

Betalings-meganisme Maandelikse salarisaftrek-king **

Eenmalige aftrekking
van 'n studente-
rekening ***

Kaartbetaling by die kassiere of EFT betaling
(Geen kontantbetalings sal aanvaar word nie)****

Kode * 1 3 2

Van toepassing op 

 

Personeel Studente
  1. Stellenbosch-kampus: Ad hoc- en tydelike personeel
  2. Nie-US personeel op Tygerberg
  3. Enige indiwidu of maatskappy wat wel toegang tot parkering ontvang het, maar van wie verhaling via salarisstrokie nie moontlik is nie

Aksie verlang

Geen Geen
  • Betaal die betrokke bedrag met 'n kaart by die kassiere van u kampus of EFT binne een maand nadat die parkering aan u toegeken is.
  • Die bankbesonderhede is soos volg:
  • Bank: Standard Bank
  • Rekening naam: US Deposito / Algemeen
  • Rek. no.:073006955
  • Takkode: 050610
  • Verwysing: B164 + US no / Maatskappy naam
  • Stuur bewys van betaling aan u kampus se parkeerkoördineerder.
  • LW. Parkeerskyfies sal slegs uitgereik word by ontvangs van bewys van betaling.
    Toegang tot die nodige valbome word verleen vir een maand vanaf die datum van toekenning. Indien die bewys van betaling nie binne hierdie maand ontvang word nie, word toegang outomaties gedeaktiveer totdat betaling ontvang en bevestig is.

 

* Die kode vir die betalingsmeganisme is op die parkeerskyfievorm.
** Die bedrag vir die soort parkering toegeken word oor 'n periode vanaf 12 maande (Januarie - Desember) maandeliks van die betrokke personeellid se salaris verhaal. Die bedrag vir die addisionele parkeerskyfies word eenmalig met die eerste verhaling verhaal.
*** Die totale bedrag, afhangend van die soort parkering wat toegeken is, word op die studenterekening gelaai sodra die soort parkering gefinaliseer is. Let wel: In die geval van 'n kansellasie van parkering sal die bedrag verskuldig 'n pro rata-bedrag wees wat bepaal word volgens die tyd wat verloop het vanaf die datum van toewysing tot die datum waarop die kansellasie deur die parkeerkoördineerder ontvang is (in maandsegmente).
**** Betaling geskied by die Kassiere in Administrasiegebou A (Stellenbosch) of by die Kassiere op Tygerberg. Spesifiseer dat dit kwitansietipe 3400 is en sit u US nommer by. Stuur daarna bewys van betaling aan die betrokke parkeerkoördineerder.

LW. Indien die betaling nie teen die afsnydatum (een maand vanaf die toekenningsdatum) ontvang is en bewys van betaling gelewer is nie, sal die toegang outomaties gedeaktiveer word. Parkeerskyfies sal ook slegs by bewys van betaling uitgereik word.