Stap

Stellenbosch

Studente en personeel wat op die sentrale kampus woon en werk, kan via veilige voetgangerroetes stap na waar hulle wil wees, of andersins van fietse gebruik maak. Die kampuspendeldiens sal ook op spesifieke roetes beskikbaar wees. Die omgewing leen hom reeds tot hierdie modusse van vervoer omdat daar verskeie verkeerskalmeringsmeganismes in plek is, bv. verhewe voetgangeroorgange. Swaarvoertuie, uitgesluit dié wat aflewerings by die Universiteit moet doen, word ook ontmoedig om die kampus te deurkruis.


Tygerberg

As deel van die opknapping van die Tygerberg-kampus word ook die voetgangerroetes opgeknap. Studente en personeel kan van hierdie roetes gebruik maak om tussen die parkeerareas, die koshuise en die akademiese geboue te beweeg.