Wen met woorde!

Op 23/10/2012 geplaas · In 10-jaar vieringe, Ons tale geplaas

Kan jy aan nuwe kreatiewe Afrikaanse woorde dink vir die Engelse wrap, hotspots en trolling? Kom wys dan jou staal en neem deel aan die Taalsentrum se Nuwe Woorde-kompetisie wat ter viering van ons tiende verjaarsdag vanaf 1-31 Oktober gehou sal word. Jy staan die kans om’n R 1000-boekbewys van Protea Boekwinkel of The English Dictionary for South Africa van Pharos Woordeboeke te wen.

Klik op http://yourls.sun.ac.za/kompetisiecompetition en stuur vandag nog jou Afrikaanse nuutskeppinge in.

Navrae: Karlien Cillié