4

Onderrig van Engels as Vreemde Taal (‘TEFL’)

Engels-onderrig oorsee

Die Taalsentrum bied ’n omvattende 120 uur lange TEFL-kursus aan. Geen vorige onderrigervaring word vereis nie. As jy selfversekerd en bedrewe is in Engels, die grammatika van die taal onder die knie het en jou Engelse uitspraak na die van ’n moedertaalspreker klink, skakel gerus met Jeanene Olivier om uit te vind of jy vir die volgende TEFL-kursus in aanmerking kom. Hoogstens 18 deelnemers word aanvaar. Klik op die volgende skakel  vir meer besonderhede oor die 2018 kursus:
TEFL information guide

Kursusdatums vir 2018:

Alle kursusse word van Maandag tot Vrydag aangebied van 09:00-16:30.

08 Januarie- 02 Februarie 2018
Registrasie sluit: 15 November 2017

18 Junie – 13 Julie 2018
Registrasie sluit: Datum later beskikbaar.

12 November – 07 Desember 2018
Registrasie sluit: Datum later beskikbaar.

Navrae kan gerig word aan Jeanene Olivier. Tel: 021 808 2905. Faks: 086 725 8690.