Rekenaarsteunprogramme

Daar is tans een rekenaarprogram in die Leeslab beskikbaar. Lab‑on‑line is in beide Afrikaans en Engels beskikbaar. Hierdie program fokus op die verbetering van jou leesspoed, begrip en retensie.

ʼn Leesspoedontwikkelingsprogram duur 20 sessies. Hierdie sessies wissel van 20 tot 30 minute na gelang van jou aanvanklike leesspoed. Die voordeel van hierdie sessies is dat dit op enige tyd en enige plek kan plaasvind. Al wat jy benodig is ʼn rekenaar of slimfoon met internettoegang. Jy is ook meer as welkom om hierdie sessies in die Leeslab by Bosmanstraat 7 te doen.

Jy sal ook via die Leeslaboratorium toegang kan kry tot ander gratis leesspoedprogramme wat op die Web beskikbaar is. Klik hier om een so ʼn voorbeeld te sien.