5

isiXhosa Terminologie

Ons bevorder isiXhosa onder andere deur drietalige terminologielyste te skep vir fakulteite binne die Universiteit, en ons kan ook ʼn pasgemaakte terminologielys ontwikkel vir instellings of maatskappye wat hulle werknemers wil bemagtig.

Dit is hoe jy ons boeke in die hande kan kry:

Studente: Betaal vir jou boekies by Admin A in die volgende kostepunt: R1220 – projeknommer: boek. Bring dan jou strokie na die Eenheid vir isiXhosa, waar jy jou boekie sal ontvang.

Privaat aankope: Stuur ‘n e-pos aan Grant Ngidi om jou bestelling te plaas. Jy sal dan ‘n faktuur ontvang en die boekies sal afgelewer word by ontvangs van betaling.

Departemente: Betalings kan met ‘n interdepartementele rekwisisie gedoen word. Ons OE kode is 1560.

Soos jy seker kon raai, is die Taalsentrum mal oor tale. Daarom probeer ons elke geleentheid benut om meertaligheid te bevorder. Die Eenheid vir isiXhosa het dié drietalige terminologielys vir die Universiteitsomgewing saamgestel sodat jy met ander in hul moedertaal kan klets. Koop vir jou én jou kollega elkeen een en daag mekaar uit om elke dag ʼn nuwe woord te leer. Koop hierdie boekie vir slegs  R38.00
Is jy ʼn eerstejaar met Sosiologie as vak? Hierdie drietalige woordeboek bevat ál die moeilike terme in jou eie taal sodat jy dit beter kan verstaan. Koop hierdie boekie vir slegs  R41.00
Dié drietalige woordeboek is nie net vir eerstejaars nie, maar is ook ʼn waardevolle hulpbron vir maatskaplike werkers wat kliënte in hul eie taal wil bedien. Koop hierdie boekie vir slegs  R42.00
As jy sukkel om Engelse sielkundeterminologie te verstaan, is hierdie boekie net vir jou. Dit lys en verduidelik sielkundeterminologie in drie tale. As jy die konsepte verstaan, sal jy dit baie makliker leer en onthou, so bestel vandag nog jóú eksemplaar vir slegs  R74.00
Sukkel jy soms met moeilike regsterme? Nou kan jy dit in hierdie drietalige boekie naslaan wat deur die Eenheid vir isiXhosa uitgegee word.
Die inhoud word in vier afdelings verdeel: (i) Inleiding tot die Reg; (ii) Familiereg; (iii) Gewoontereg; en (iv) Strafreg. Dis baie maklik om te gebruik. Bestel vandag nog joune vir slegs  R68.00!
Leer die belangrikste terme in jou eie taal met hierdie gebruikersvriendelike drietalige woordeboek. Sodra jy beter verstaan wat jy lees, sal jou studie sommer heelwat makliker wees. Koop hierdie boekie vir slegs  R200.00
Sokker het meer om die lyf as Laduma! Hierdie drietalige termlys sal jou een, twee, drie al die aksie in Afrikaans, Engels en isiXhosa laat beleef. Koop hierdie boekie vir slegs  R62.00
Deel jou liefde vir dié sport met nog méér mense! Nou kan jy ál die krieketterme in Afrikaans, Engels of isiXhosa naslaan. Verstom jou kollegas en verras jou baas met krieketpraatjies in hul eie taal.Koop hierdie boekie vir slegs  R62.00
Dié sport vereis sommer baie gees, en niks spel gees soos rugby in jou eie taal nie! Hierdie drietalige woordeboek is ʼn moet vir skole, sportverenigings en alle rugby-entoesiaste.Koop hierdie boekie vir slegs  R62.00