3

Dokumentontwerp

Dokumente behoort ontwerp te word om iets reg te kry. As dit nie jou produkte verkoop, jou kliënte inlig of inligting insamel nie, slurp dit bloot geld en tyd op. Ons span kundige dokumentontwerpers staan gereed om jou dokumente eksieperfeksie te kry.

Ons werk met alle soorte dokumente, onder meer:

  • Voorstelle
  • Verslae
  • Aanbiedings
  • Vorms
  • Persverklarings
  • Beleidsdokumente
  • Webtuistes
  • Tegniese dokumente

Ons bied ’n verskeidenheid dienste om te verseker dat jou maatskappydokumente dinamies en treffend is, die gewenste doel bereik en in jou lesers se behoeftes voorsien.
Die proses skop af met ’n ontleding van jou bestaande dokumente om te bepaal of dit in jou en jou lesers se behoeftes voorsien. Die ontleding lig moontlike probleemgebiede uit wat onder proefpersone getoets kan word voordat ons die dokumente herontwerp.
Ons span bestaan nie net uit grafiese ontwerpers, dokumentontwerpers en taalkundiges nie, maar sluit ook regskundiges in om seker te maak dat jou dokumente aan die ‘verstaanbare taal’-vereistes van die Wet op Verbruikersbeskerming voldoen.
Moenie onderskat wat goeie korporatiewe kommunikasie vir jou maatskappy se beeld kan doen nie! E-pos Marguerite van der Waal of bel ons by 021 808 3096 om jou kommunikasievereistes te bespreek.