3

Analise

Hoeveel geld bestee jou maatskappy jaarliks aan dokumente, vorms of brosjures? Honderde of duisende rande? Maar het jy al ooit daardie dokumente, vorms of brosjures laat toets om te sien of dit enigsins doeltreffend is? Kan die dokument dalk bondiger wees, die vorm eenvoudiger of die brosjure pittiger?

Ons bedrewe ontwerpers sal elke aspek van jou digitale of gedrukte kommunikasie analiseer – van die inhoud tot die uitleg en afronding. Die analise sal wys waar kommunikasie kan verbeter, welke inligting dan gebruik kan word om navorsingsbedrywighede met proefpersone uit jou teikengehoor te onderneem.

Kontak Marguerite van der Waal by 021 808 3096 vir meer inligting oor hierdie diens.