4

Professionele Kommunikasie Werkswinkels

 

Pasgemaakte werkswinkels

Sowel bestuurders as werknemers wil graag die sukkel uit sakeskryfwerk haal. Ons bied ’n pasgemaakte werkswinkeldiens om in jou maatskappy of organisasie se spesifieke skryfwerkbehoeftes te voorsien.

Ons ontwikkel ons aanbieding op grond van jou sakedokumente om:

  • Moontlike probleemgebiede uit te wys
  • Voorbeelde in jou bepaalde konteks en omgewing te bied
  • ’n Stel huisreëls vir doeltreffender interne en eksterne kommunikasie op te stel

Die meeste van ons kliënte kies ook ons assesseringsopsie, waar deelnemers ’n skryfopdrag voltooi om hulle verworwe vaardighede te toets. So, hoe kan ons jou help om ’n beter skrywer te word? Laat weet ons. E-pos Michelle Pieters of skakel 021 808 4182.

Ons lys van kliënte sluit in:

  • Sanlam
  • Metropolitan
  • Capitec
  • Eskom
  • Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke
  • Verskeie munisipaliteite
  • Universiteit van Wes-Kaapland