6

Teksredigering

Ons ervare taalpraktisyns redigeer ʼn wye verskeidenheid tekste – van navorsingsartikels tot munisipale nuusbriewe.
Ons kyk onder andere na:

  • spel- en taalfoute,
  • die strukturering van die teks,
  • konsekwente taalgebruik,
  • styl en register, en
  • samehang of koherensie.

Die tale waarin ons redigeer, is hoofsaaklik Afrikaans en Engels, maar ons kan ook ander taalbehoeftes hanteer.

Wat kry jy uit die redigering van jou teks?

  • Jou teks is meer leesbaar en bereik dus jou gehoor beter.
  • Jy kry hulp met die riglyne en konvensies van die betrokke teks (bv. akademiese tekste).
  • Jy het ’n beter afgeronde teks wat jou professionele beeld versterk.
  • Jy kry insette van ’n objektiewe en professionele taalpraktisyn.
  • Jy het die gemoedsrus dat ’n ander, boonop ervare, paar oë baie deeglik deur jou teks gelees het.

Die vinnigste manier om ʼn kwotasie te kry, is om vir ons ʼn e-pos te stuur met jou teks aangeheg en ʼn kort beskrywing van jou behoeftes. Vir navrae of kwotasies, kontak asseblief vir Marguerite van der Waal of Cobus Snyman by 021 808 3096.

Tesisredigering

Die Taalsentrum hanteer ook die redigering van tesisse, proefskrifte en werkstukke. Hiervoor gebruik ons gesoute redigeerders wat spesifiek ervaring met akademiese tekste het. Onthou egter dat die inhoud self, wat bepunt word, altyd die verantwoordelikheid van die outeur bly. Klik hier vir meer inligting oor hierdie diens, insluitende die drie redigeeropsies.

Volg dan dié vier maklike stappe:

Stap 1: E-pos jou tesis of proefskrif en voltooide versoekvorm vir redigering na Marguerite van der Waal. Sy sal vir jou ’n kwotasie stuur vir die redigeeropsie wat jy gekies het, asook ’n debiteurevorm en ’n voorgestelde leweringsdatum.

Stap 2: Voltooi die debiteurevorm en stuur dit terug na Marguerite. Stuur asseblief ook ’n e-pos waarin jy jou aanvaarding van die kwotasie en die leweringsdatum bevestig. Onthou om ’n afskrif van jou ID/paspoort aan te heg. Jy kan dit ook na 021 808 2863 faks.

Stap 3: Jy sal nou ’n e-pos ontvang wat bevestig dat ons jou aanvaarding van die kwotasie en die leweringsdatum ontvang het. Op hierdie stadium stuur ons jou tesis of proefskrif uit na een van ons redigeerders.

Stap 4: Jy sal ’n faktuur van ons finansiële span ontvang. Doen asseblief die betaling en e-pos die betalingsbewys aan Marguerite, of faks dit na 021 808 2863. Jy sal jou geredigeerde dokument op die leweringsdatum ontvang, mits jou betaling gefinaliseer is.

Transkripsiediens

Ons bied ʼn vinnige, professionele transkripsiediens vir ʼn wye verskeidenheid oudio-opnames. Klik hier (onderaan die blad) vir meer inligting oor hierdie diens.