4

isiXhosa Taalverwerwing

Het jy al gewens jy kan jou tong gemaklik om daardie isiXhosa-klapklanke vou? Om ʼn derde taal magtig te wees gee jou nie net ʼn voorsprong in jou loopbaan nie, maar stel jou ook bloot aan ʼn ander kultuur en bied jou die geleentheid om met soveel méér mense te kommunikeer.

As jy nog altyd wou leer isiXhosa praat, maar nog nooit daarvoor tyd gemaak het nie, is dít jou kans. Ons Masazane-kursus is vir alle US-personeel beskikbaar.

In hierdie kursus sal jy onder andere leer:

  • Hoe om iemand te groet en jouself voor te stel
  • Hoe om iemand vir ete of ʼn drankie te nooi
  • Hoe om telefoonoproepe te maak of te beantwoord
  • Hoe om rigtingaanwysings op kampus en elders te gee
  • Hoe om by ʼn vulstasie hulp te vra

In 2017 word die Mazasane-kursus drie keer aangebied en die datums is as volg:

  • 2 Mei 2017 tot 8 Junie 2017
  • 1 Augustus 2017 tot 7 September 2017
  • 3 Oktober 2017 tot 9 November 2017

Die klasse vir elke aanbieding van die kursus sal op Dinsdae en Donderdae wees.

Vir enige vrae wat nié hier beantwoord word nie, skakel gerus met Grant Ngidi by 021 808 9097. Die grootte van die klasse word beperk om individuele aandag te verseker, so skryf nóú in om teleurstelling te voorkom.

Om ʼn nuwe taal aan te leer is ʼn opwindende uitdaging en is dalk glad nie so moeilik as wat jy dink nie.