isiXhosa Taalverwerwing

Het jy al gewens jy kan jou tong gemaklik om daardie isiXhosa-klapklanke vou? Om ʼn derde taal magtig te wees gee jou nie net ʼn voorsprong in jou loopbaan nie, maar stel jou ook bloot aan ʼn ander kultuur en bied jou die geleentheid om met soveel méér mense te kommunikeer.

As jy nog altyd wou leer isiXhosa praat, maar nog nooit daarvoor tyd gemaak het nie, is dít jou kans. Ons Masabelane ngesiXhosa-kursus is vir alle US-personeel beskikbaar.

In hierdie kursus sal jy onder andere leer:

  • Hoe om iemand te groet en jouself voor te stel
  • Hoe om iemand vir ete of ʼn drankie te nooi
  • Hoe om telefoonoproepe te maak of te beantwoord
  • Hoe om rigtingaanwysings op kampus en elders te gee
  • Hoe om by ʼn vulstasie hulp te vra

Datums vir die Masabelane ngesiXhosa-kursus in 2018 is as volg:

  • 6 Februarie tot 14 Maart
  • 9 April tot 16 Mei
  • 24 Julie tot 3 September
  • 18 September tot 25 Oktober

Die kursus word op Maandae en Woensdae gedurende etenstyd aangebied.

Vir enige vrae wat nié hier beantwoord word nie, skakel gerus met Grant Ngidi by 021 808 9097. Die grootte van die klasse word beperk om individuele aandag te verseker, so skryf nóú in om teleurstelling te voorkom. Ons kan ook pasgemaakte aanbiedings vir kliënte ontwikkel.

Om ʼn nuwe taal aan te leer is ʼn opwindende uitdaging en is dalk glad nie so moeilik as wat jy dink nie.