Gratis Skryfkonsultasies

Het jy advies oor jou skryfopdragte nodig?  Wil jy dalk graag met iemand oor jou skryfopdragte gesels? Weet jy nie waar om te begin nie? Of is jy dalk onseker of jou skryfwerk hoegenaamd sin maak? Ons kan help!

Maak ’n afspraak by die Skryflab vir ’n gratis virtuele skryfkonsultasie.

Bespreek jou eie skryfwerk met ’n opgeleide Skryflab-konsultant. Kry só terugvoer op jou essay voordat jy dit inhandig – dis gratis! Die konsultasies geskied aanlyn via MS Teams tot verdere kennisgewing.

Hoe maak ’n mens ’n afspraak vir ’n virtuele konsultasie?

Skryfkonsultasies via MS Teams
Jy kan ons elektroniese afspraakstelsel KENAKO gebruik om ’n afspraak vir ‘n konsultasie via MS Teams te maak. Gebruik die skakel wat hier verskaf word om self op KENAKO ’n afspraak te maak op ’n tyd wat jou pas.

Jy sal ’n MS Teams-vergaderversoek ontvang voor jou afspraak. Aanvaar die versoek asseblief en sluit aan by die vergadering op die dag en tyd waarvoor die konsultasie bespreek is. Jou konsultant sal ook by die vergadering aansluit en sal jou help om jou dokument te deel.

Indien jy enigsins onseker is oor iets of probleme met die stelsel ondervind, kontak gerus vir Anne-Mari Lackay  of Vinelene Hartley.

Skryfkonsultasies via Skype
As jy ’n nagraadse student is, het jy ook die opsie om vir ’n Skype-konsultasie te bespreek. Stuur ’n kontakversoek via Skype na SUWLAB2  en sluit jou naam, studentenommer en modulenaam in. Ons sal dan jou versoek aanvaar en jou help om ’n bespreking te maak.

Wat sal jy uit ’n konsultasie kry?

Jy sal die geleentheid kry om in ’n vriendelike en ontspanne atmosfeer individueel met ’n opgeleide skryfkonsultant oor jou eie skryfwerk te gesels.

Jou konsultant sal jou help met skryfkwessies wat jou pla. Jy sal ook verskillende skryfstrategieë aanleer vir taakontleding, beplanning, strukturering, verwysings en nog veel meer. Hierdie skryfstrategieë sal jou help om jou huidige en toekomstige skryfwerk meer doeltreffend te doen en skryftake met groter selfvertroue aan te pak en uit te voer. Sodoende sal jy ook jou eie stem in akademiese skryfwerk kan ontwikkel.

En natuurlik kan jy die skryfkonsultasiediens op enige stadium van jou skryfproses gebruik.

Hoe lank duur ’n  konsultasie?

’n Konsultasie duur 50 minute. Jy is ook baie welkom om afsprake vir meer as een konsultasie (alles gratis) oor dieselfde skryftaak te maak. Opvolgkonsultasies gee jou die geleentheid om na ‘n groter verskeidenheid skryfkwessies te kyk en ook terugvoer te kry oor jou vordering. Terselfdertyd leer jy dan goeie skryfgewoontes aan.

Waar is die Skryflab?

Die Skryflab is in die Taalsentrum, Banghoekweg 44, geleë. Maar totdat ons almal kan teruggaan kampus toe, ontmoet ons jou liewer virtueel – ons is net een klik weg.