Omdat ons deel is van ’n akademiese instelling, verkies ons om ons werk op navorsing te grond. Deur jou maatskappy se kommunikasie onder proefpersone uit jou teikengehoor te toets, kan ons vasstel of die beeld wat jou brosjures, webtuiste of verslae uitdra, die beeld is wat jy in gedagte gehad het.
Ons kan ook bepaal hoe jou teikengehoor jou dokumente ervaar. En waar dit nodig is, kan ons maniere voorstel om jou kommunikasie te verbeter om die regte mense te bereik, die kragtigste boodskap oor te dra en die mees professionele beeld te weerspieël.
Vir meer inligting oor hierdie diens, e-pos Marguerite van der Waal of bel ons by 021 808 3096.