Kortkursusse vir professionele kommunikasie

Die Kommunikasielab se kortkursusse vir professionele lui

Ons bied vernuftige korporatiewe kortkursusse aan wat lei tot ʼn Sertifikaat van Bevoegdheid vir suksesvolle deelnemers. Ons kan ook ʼn kortkursus volgens jou spesifieke onderneming se behoeftes ontwikkel. Hoe kan ons jou help?

E-pos vir Michelle Pieters of skakel haar by 021 808 2812, of klik op enige van die kursusname hier onder vir meer inligting oor die betrokke kursus. Teken hier in om nuus van die Kommunikasielab te ontvang.

  • Uitnemende kommunikasie
    Wil jy verseker dat jy oral op die beste manier kommunikeer? Leer hoe om geskrewe kommunikasie van ʼn hoë gehalte te lewer en sodoende by te dra tot die professionele beeld van jou onderneming.
  • Kry Engels onder die knie
    Knoop jou tong in Engels? Verwerf die kommunikasievaardighede en -tegnieke om jou te help om selfversekerd en vlot in Engels te kommunikeer – nie net by die werk nie, maar ook in ʼn wyer sosiale konteks.
  • Skep aanbiedings met selfvertroue
    Al ooit gewens dat jy ʼn gehoor vierkantig in die oë kan kyk en jou boodskap met selfvertroue kan oordra? Laat ons jou help om jou volgende gehoor se voete onder hulle uit te slaan!
  • Skryf vlymskerp sakeverslae
    Is jy daarvoor verantwoordelik om sakeverslae saam te stel? Leer hoe om relevante inligting te kies en die verslag se boodskap daarop te fokus. Skryf sakeverslae wat werk saam met ons.
  • Effektiewe kantoorkommunikasie
    Stel jy belang in wenke wat jou sal help om bondige e-posse en professionele agendas saam te stel? Leer ook hoe om aandagtig en met insig gedurende vergaderings te luister en hoe om notules saam te stel. Verder sal jy by ons kommunikasiestrategieë leer toepas sodat jy sinvolle telefoongesprekke kan voer.
  • Vormontwerp vir die bedryf
    Kry jy nie die beste resultate met jou vorms nie? Hierdie kursus is prakties en interaktief – ons analiseer en toets hedendaagse vorms en verbeter hulle na aanleiding van wat die toetsing uitwys. Bring jou vorms saam!
  • Effektiewe mediakommunikasie
    Skryf jy mediaverklarings vir koerante en die radio, promosiemateriaal, e-posse en inhuispublikasies? Word saam met ons nóg ʼn beter skrywer – ons fokus op struktuur en styl, aanvaarbare taal, etiek en resultate.
  • Professionele kommunikasie
    Is jou kommunikasie met ander werklik onverbeterlik? Al gehoor van die vierkantkommunikasiemodel? Steek saam met prof Carel Jansen kers op by die klassieke retorika vir nuwe insigte en leer tegnieke om jou te help om nóg beter te kommunikeer.

Laai ons kortkursusbrosjure hier af.

Van ons kliënte oor die afgelope jaar was:

Eksterne kliënte

  • Alphawave
  • Graham Beck Enterprises (Edms) Bpk
  • ICLEI Africa – Plaaslike Regerings vir Volhoubaarheid
  • Mediclinic (Korporatief)
  • Rupertstigting

Universiteitskliënte

  • AIMS – Africa Institute for Mathematical Sciences
  • Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies
  • Korporatiewe Kommunikasie – InhoudHUB
  • Fakulteit Natuurwetenskappe: Department Wiskundige Wetenskappe; Departement Aardwetenskap
  • Kantoor van die Viserektor: Strategie en Internasionalisering
  • JS Gericke Biblioteek
  • MFM – Kampusradiostasie
  • Maties Gimnasium
  • Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Department Kardiotorakale Chirurgie
  • Universiteit Stellenbosch Besigheidskool (USB)
  • Woordfees WOW