Programme en Projekte

Navorsingsuitsette

As ’n sentrum van die Universiteit Stellenbosch is navorsing een van ons prioriteite. As jy meer wil weet oor die navorsing wat by die Taalsentrum gedoen word, klik hier vir ʼn lys publikasies en ander uitsette.

Navorsingsprojekte

Die Taalsentrum neem deel aan die Navorsingsprogram oor Taalontwikkeling en Taalbemagtiging van die Universiteit. Dié program het ’n aantal temas uitgewys waarbinne verskillende projekte van stapel gestuur word. Die temas is soos volg:

  • Die evaluering van die Taalbeleid en die Taalplan, met spesifieke verwysing na die inwerkingstelling van taalplanne in die fakulteite en steundienste
  • Die inwerkingstelling van parallelmediumonderrig
  • Die inwerkingstelling van dubbelmediumonderrig
  • Die rol van taalontwikkeling en taalbemagtiging in leer en onderrig
  • Die impak van die taaldebat
  • Die implementering van opvoedkundige tolking

Mettertyd sal meer inligting oor hierdie temas en die verwante projekte bekend gemaak word. Lees hier meer oor die Navorsingsprogram.